HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

Gansbaai Courant

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse funksie staan allerweë as ‘n “Dankie-sê” geleentheid aan vele weldoeners, donateurs en ondersteuners bekend. Tydens hierdie funksie word hul volledige Jaarverslag beskikbaar gestel. Dieselfde geld ook vir Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste. “Altwee hierdie instansies sorteer onder Badisa en vanjaar se gesamentlike Jaareindfunksie van altwee is in Gansbaai gehou,” sê John van Rooyen, Bestuurder: HaS.

Dit was ‘n baie gesellige aand, met Anita van Dyk, Administratiewe Hoof: HaS as seremoniemeester. Twee plaaslike knap kunstenaars, Magdel Spanellis en Pieta Botes is as ‘n verrassing genooi om sangitems te lewer. ‘n Spog-maaltyd is in die prag-versierde saal aangebied en die groot groep gaste kon gesellig saamkuier. Die saalversiering is deur Anita Botha, Sally Bezuidenhout, Sankie Prinsloo, Susie Rademan en Suzette Wiese gedoen. Die smaaklike ete is deur HaS se eie personeel onder leiding van Marlene van Rooyen voorberei en bedien.  

Herberg-aan-See

“Om God te dien, moet ek ook my medemens dien en niks mag benede my wees nie,” skryf mnr Wollie Jacobs in sy Voorsittersverslag. “Herberg-aan-See se personeel en vrywilligers lewer hierdie praktiese liefdesdade daagliks aan hul medemens.” Etlike aktiwiteite is in die Jaarverslag uitgelig, asook illustrerende foto’s van hulle werksaamhede, met opregte dankbaarheid teenoor alle betrokkenes op ‘n verskeidenheid van gebiede. Gansbaai Goue Hande is spesiaal uitgelig vir hulle 20+ jare se onbaatsugtige diens aan die Tehuis. John het ‘n kort oorsig oor die Tehuis se werksaamhede verskaf, ook met spesiale verwysing na vele vrywilligers, ondersteuners en donateurs waarsonder hulle hande afgekap sal wees.

Maatskaplike Dienste

“Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste, as deel van die Badisa welsynsorganisasie, is ‘n geloofsgebaseerde program waar ons vanuit ons geloofsoortuiging mense dien en ‘n verskil in mense se lewens probeer maak,” lui die inleidende paragraaf van ds Dirk van Dyk se Voorsittersverslag. Hy het eweneens met groot lof teenoor maatskaplike werkers, administratiewe personeel, vrywilligers en donateurs gepraat en gesê hulle doen hul bes om ‘n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. “Ek kan getuig dat hulle spreekwoordelik die tweede myl stap.” Die Jaarverslag bevat ook etlike illustrerende foto’s van vele werksaamhede vir die afgelope jaar. 

Hardus Botha

HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles