HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse funksie staan allerweë as ‘n “Dankie-sê” geleentheid aan vele weldoeners, donateurs en ondersteuners bekend. Tydens hierdie funksie word hul volledige Jaarverslag beskikbaar gestel. Dieselfde geld ook vir Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste. “Altwee hierdie instansies sorteer onder Badisa en vanjaar se gesamentlike Jaareindfunksie van altwee is in Gansbaai gehou,” sê John van Rooyen, Bestuurder: HaS.

Dit was ‘n baie gesellige aand, met Anita van Dyk, Administratiewe Hoof: HaS as seremoniemeester. Twee plaaslike knap kunstenaars, Magdel Spanellis en Pieta Botes is as ‘n verrassing genooi om sangitems te lewer. ‘n Spog-maaltyd is in die prag-versierde saal aangebied en die groot groep gaste kon gesellig saamkuier. Die saalversiering is deur Anita Botha, Sally Bezuidenhout, Sankie Prinsloo, Susie Rademan en Suzette Wiese gedoen. Die smaaklike ete is deur HaS se eie personeel onder leiding van Marlene van Rooyen voorberei en bedien.  

Herberg-aan-See

“Om God te dien, moet ek ook my medemens dien en niks mag benede my wees nie,” skryf mnr Wollie Jacobs in sy Voorsittersverslag. “Herberg-aan-See se personeel en vrywilligers lewer hierdie praktiese liefdesdade daagliks aan hul medemens.” Etlike aktiwiteite is in die Jaarverslag uitgelig, asook illustrerende foto’s van hulle werksaamhede, met opregte dankbaarheid teenoor alle betrokkenes op ‘n verskeidenheid van gebiede. Gansbaai Goue Hande is spesiaal uitgelig vir hulle 20+ jare se onbaatsugtige diens aan die Tehuis. John het ‘n kort oorsig oor die Tehuis se werksaamhede verskaf, ook met spesiale verwysing na vele vrywilligers, ondersteuners en donateurs waarsonder hulle hande afgekap sal wees.

Maatskaplike Dienste

“Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike Dienste, as deel van die Badisa welsynsorganisasie, is ‘n geloofsgebaseerde program waar ons vanuit ons geloofsoortuiging mense dien en ‘n verskil in mense se lewens probeer maak,” lui die inleidende paragraaf van ds Dirk van Dyk se Voorsittersverslag. Hy het eweneens met groot lof teenoor maatskaplike werkers, administratiewe personeel, vrywilligers en donateurs gepraat en gesê hulle doen hul bes om ‘n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. “Ek kan getuig dat hulle spreekwoordelik die tweede myl stap.” Die Jaarverslag bevat ook etlike illustrerende foto’s van vele werksaamhede vir die afgelope jaar. 

Hardus Botha

HaS en Maatskaplike Dienste AJV’s

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles