‘n Uitsonderlike aas

‘n Uitsonderlike aas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar moet baie mense wees wat al deur ‘n vis gebyt is. ‘n Snoekbyt is een voorbeeld  --  met daai tande kan dit groot probleme veroorssaak en dit sal wys wees om daardie kake liewer te vermy.

Veral met die breek van sy nek is die nodige tegniek ‘n vereiste. Daardie kiewe van hom sal, indien jou vingers daarin beland, dit behoorlik gevange hou, en die weerhakies is die oorsaak daarvan. Toe ons vroeër jare elf in die nette gevang het was die kans groot dat jy gebyt gaan word as jy nie versigtig is met die uithaal van die vis uit die net nie. Gewoonlik aan die binnekant van jou hand, net onder die duim.

Daar was ook al baie stories oor die rooisteenbras. In sommige gevalle is die haaie die skuld gegee wanneer ‘n boot in die moeilikheid is en die mense in die see beland en dan deur visse aangeval word. Dit word vertel dat die drenkelinge die prooi gewees het van juis die rooisteenbras en nie haaie nie. Dis wel net ‘n aanname.

Beskou bietjie die silwervis. Selfs die kleintjies het geweldige tande en baie stewige kake.Toe ek nou die dag hierdie vis op die dek vasdruk om die hoek te verwyder het die gedierte sy kans waargeneem om ‘n goeie hap in te kry. Of dit nou was uit noodweer, en of hy nog honger was was nie duidelik nie. Maar toe hy sy bek toeklap hang hy aan my hand en ek lig hom toe so entjie op  --  maar ta hou! Somtyds, om die hoek uit sy bek te kry kan jy jou mes dwars in sy bek hou en dan ‘n tangetjie gebruik. As hy jou egter onverhoeds vang, is dit te laat! Ek moes sy nek breek (klink wreed, nê) maar ek hou van vyf vingers per hand en ek moes daardie hoek uitkry. Wat gaan gebeur as jy in die water val en in ‘n skool van hierdie vis beland? Amper ‘n piranha-aanval. Wel, die grotes word normaalweg so tussen 40 en 50 meter diep gevind en ‘n mens swem vrywillig onwaarskynlik so diep.

Ek dink darem waarom sommige visse byt is bloot omdat jou hand so naby sy bek is en hy maar sy kans vat. Bowendien is daar mos lekkerder aas as ons!! Miskien moet mens met die swemmery in vlakker water hou. Dis alles feite maar ek dink nie daar is werklik ‘n gevaar nie. Wel, ek hoop nie so nie.

Groete, Seemeeu

‘n Uitsonderlike aas

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles