Pretstap vir Borskanker

Pretstap vir Borskanker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die  Pretstap ten bate van die Reik na Herstel Borskanker Ondersteunings Organisasie langs Franskraal se kus wandelpad op 15 Oktober 2015, is goed bygewoon en al die deelnemers het dit baie geniet,” sê Annaleen Genade, plaaslike Vrywilliger van Reik na Herstel en organiseerder.

“By die halfpadmerk, Franskraal parkeerarea, het die deelnemers water en chomps ontvang.” Annaleen sê almal het na afloop van die pretstap gesellig met koffie/tee en muffins in die Franskraal Rolbalklubsaal verkeer. Die gebruiklike gelukkige prystrekkings is ook daar gedoen. Annaleen het die deelnemers meer vertel oor wat die Organisasie gratis aan Borskankerpasiënte gee, asook agtergrondgeskiedenis van hulle Ditto-projek (subsidies vir prostheses). Sy het die belangrikheid van maandelikse selfondersoeke, mans en vrouens, in haar gesprek beklemtoon.

Annaleen rig graag die volgende bedankings vir ondersteuning deur middel van donasies en geskenkbewyse: Aqua Angel Minerale Water, Corra’s Klerewinkel, Chicken Land, Gansbaai Book Exchange, Gansbaai Superspar, Franskraal Mini Market, Komtessa Klerewinkel, Hair Style Studio, Cee Sport & Surf, Wimpy Gansbaai, Protea Flora Bloemiste, Bon Bon Material, asook Franskraal Rolbalklub wat hul saal beskikbaar gestel het.

“Dankie ook aan die twee verkeersbeamptes wat gesorg het dat ons veilig op die roete is en Gansbaai Courant vir foto’s en berigte,” het sy gesê. Vir meer inligting oor hierdie kosbare organisasie kan hulle webtuiste, www.reachforrecovery.org.za besoek word.

Annaleen kan by 028-388-0477 of 072-523-0650 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annaleen.genade@gmail.com.

Hardus Botha

Pretstap vir Borskanker

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles