“Die Pretstap ten bate van die Reik na Herstel Borskanker Ondersteunings Organisasie langs Franskraal se kus wandelpad op 15 Oktober 2015, is goed bygewoon en al die deelnemers het dit baie geniet,” sê Annaleen Genade, plaaslike Vrywilliger van Reik na Herstel en organiseerder.
“By die halfpadmerk, Franskraal parkeerarea, het die deelnemers water en chomps ontvang.” Annaleen sê almal het na afloop van die pretstap gesellig met koffie/tee en muffins in die Franskraal Rolbalklubsaal verkeer. Die gebruiklike gelukkige prystrekkings is ook daar gedoen. Annaleen het die deelnemers meer vertel oor wat die Organisasie gratis aan Borskankerpasiënte gee, asook agtergrondgeskiedenis van hulle Ditto-projek (subsidies vir prostheses). Sy het die belangrikheid van maandelikse selfondersoeke, mans en vrouens, in haar gesprek beklemtoon.
Annaleen rig graag die volgende bedankings vir ondersteuning deur middel van donasies en geskenkbewyse: Aqua Angel Minerale Water, Corra’s Klerewinkel, Chicken Land, Gansbaai Book Exchange, Gansbaai Superspar, Franskraal Mini Market, Komtessa Klerewinkel, Hair Style Studio, Cee Sport & Surf, Wimpy Gansbaai, Protea Flora Bloemiste, Bon Bon Material, asook Franskraal Rolbalklub wat hul saal beskikbaar gestel het.
“Dankie ook aan die twee verkeersbeamptes wat gesorg het dat ons veilig op die roete is en Gansbaai Courant vir foto’s en berigte,” het sy gesê. Vir meer inligting oor hierdie kosbare organisasie kan hulle webtuiste, www.reachforrecovery.org.za besoek word.
Annaleen kan by 028-388-0477 of 072-523-0650 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by annaleen.genade@gmail.com.
Hardus Botha