Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die span van Overberg Kushengelklub (OKH) het die naweek van 10 Oktober 2015 vir ons jaarlikse Interklub Sosiale Kompetisie teen die Suid-Kaapse hengelkampioene, Stilbaai Hengelklub, opgeruk - dit was reeds ons derde uitstappie na Stilbaai,” vertel Elba Tredoux van die hengelklub.

“Die meeste van die lede, met volle ondersteuningsbasis, het reeds Donderdag begin aankom en by Jongensfontein Karavaanpark ingeboek, met ‘n totaal van sowat 55 siele.” Sy sê 6 snoeke, geskenk deur Stephen Ashlin, is Donderdagaand gebraai en vinnig verorber.   

Vrydag is benut om die omgewing te bespied en goeie hengelplekke te soek. “Ses potjies het reeds vroegmiddag by Jongensfontein kamp begin stoom, met enorme potbrode wat gewag het vir ‘n gesellige saamkuier.” Sy bedank graag vir Jan de Kock vir die skenk van die potjievleis, asook die vleis vir die Saterdagaand se braai saam met Stilbaaiklub.

Elba sê die spanlede het vroeg Saterdag begin hengel en die fone het oortyd gewerk wanneer ‘n mooi vis iewers uitgetrek is. Die inweegsessie en funksie te Stilbaaiklub was ‘n jolige affêre, veral toe die kaptein van Stilbaaiklub, Sander de Beer (redelik verleë en heeltemal teen verwagting in) aankondig dat die Gansbaaiers hul behoorlik ore aangesit het. Sy sê Sander is die broer van AJ, ‘n Springbokhengelaar. “Hy was so verleë met die aankondiging, dat ons nou nog nie weet wat Stilbaai se totale gewig was nie,” het Elba gesê.

“Mooi so, Overberg, dit was werklik ‘n spanpoging om met 26 visse vorendag te kom en ons het soos Japan gevoel na hul oorwinning oor die Bokke!” Dit was meesal mooi galjoene, mosselkrakers, bronz bream, kolstert, wit stompneus, wildeperd, steenbras, jan bruin en ‘n bellman wat ingeweeg is. Die uitslae is soos volg: 3de swaarste sak (2.9kg) - Morné Olivier (Overstrand); 2de swaarste sak (gewig onbekend) - Morné le Grange (Stilbaai); Swaarste sak (4.5kg) - Oubaas Lesch (Overstrand); Grootste vis (Galjoen, 1.93kg) - Maynard van Niekerk (Snr).

“So ‘n naweek kan nie plaasvind as reëlings nie behoorlik getref word nie,” sê Elba. “Die klub se staatmaker, Leibrandt van Niekerk, was weer eens die spil waarom alles gedraai het en almal bedank hom graag van harte.” Sy sê die klub se voorsitter, Frans Claassen, het “darem” ook Vrydagaand, ná die inskrywings, met die hengelmanne te Stilbaai ge-“bond”, waarvoor hy bedank word. “Gelukkig was hy nie vir ‘n potjie verantwoordelik nie - dankie ook aan jou, Frans.” Sy bedank ook graag die Stilbaai Hengelklub vir ‘n heerlike saamkuier Saterdagaand, maar veral vir die geleentheid om by hulle te kon hengel.

“Die dames van die Stilbaaiklub het behoorlik reggestaan met ‘n mooi gedekte saal en slaaie, ter aanvulling van die heerlike braaivleis.” ‘n Kontantskenking vir onkostes vir die naweek is vanaf  Maynard van Niekerk en die Van der Merwes van Battery Centre, Kuilsrivier ontvang - waarvoor hulle opreg bedank word. Die Sondagoggend se heerlike ontbyt is deur Niel van Niekerk van Terason, Citrusdal geborg.

Die klub se volgende hengeldatum is Saterdag, 28 November 2015 en algemene navrae kan aan Elba Tredoux by 082-214-8622 of 028-388-0092 gerig word.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles