Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

Gansbaai Courant

“Die span van Overberg Kushengelklub (OKH) het die naweek van 10 Oktober 2015 vir ons jaarlikse Interklub Sosiale Kompetisie teen die Suid-Kaapse hengelkampioene, Stilbaai Hengelklub, opgeruk - dit was reeds ons derde uitstappie na Stilbaai,” vertel Elba Tredoux van die hengelklub.

“Die meeste van die lede, met volle ondersteuningsbasis, het reeds Donderdag begin aankom en by Jongensfontein Karavaanpark ingeboek, met ‘n totaal van sowat 55 siele.” Sy sê 6 snoeke, geskenk deur Stephen Ashlin, is Donderdagaand gebraai en vinnig verorber.   

Vrydag is benut om die omgewing te bespied en goeie hengelplekke te soek. “Ses potjies het reeds vroegmiddag by Jongensfontein kamp begin stoom, met enorme potbrode wat gewag het vir ‘n gesellige saamkuier.” Sy bedank graag vir Jan de Kock vir die skenk van die potjievleis, asook die vleis vir die Saterdagaand se braai saam met Stilbaaiklub.

Elba sê die spanlede het vroeg Saterdag begin hengel en die fone het oortyd gewerk wanneer ‘n mooi vis iewers uitgetrek is. Die inweegsessie en funksie te Stilbaaiklub was ‘n jolige affêre, veral toe die kaptein van Stilbaaiklub, Sander de Beer (redelik verleë en heeltemal teen verwagting in) aankondig dat die Gansbaaiers hul behoorlik ore aangesit het. Sy sê Sander is die broer van AJ, ‘n Springbokhengelaar. “Hy was so verleë met die aankondiging, dat ons nou nog nie weet wat Stilbaai se totale gewig was nie,” het Elba gesê.

“Mooi so, Overberg, dit was werklik ‘n spanpoging om met 26 visse vorendag te kom en ons het soos Japan gevoel na hul oorwinning oor die Bokke!” Dit was meesal mooi galjoene, mosselkrakers, bronz bream, kolstert, wit stompneus, wildeperd, steenbras, jan bruin en ‘n bellman wat ingeweeg is. Die uitslae is soos volg: 3de swaarste sak (2.9kg) - Morné Olivier (Overstrand); 2de swaarste sak (gewig onbekend) - Morné le Grange (Stilbaai); Swaarste sak (4.5kg) - Oubaas Lesch (Overstrand); Grootste vis (Galjoen, 1.93kg) - Maynard van Niekerk (Snr).

“So ‘n naweek kan nie plaasvind as reëlings nie behoorlik getref word nie,” sê Elba. “Die klub se staatmaker, Leibrandt van Niekerk, was weer eens die spil waarom alles gedraai het en almal bedank hom graag van harte.” Sy sê die klub se voorsitter, Frans Claassen, het “darem” ook Vrydagaand, ná die inskrywings, met die hengelmanne te Stilbaai ge-“bond”, waarvoor hy bedank word. “Gelukkig was hy nie vir ‘n potjie verantwoordelik nie - dankie ook aan jou, Frans.” Sy bedank ook graag die Stilbaai Hengelklub vir ‘n heerlike saamkuier Saterdagaand, maar veral vir die geleentheid om by hulle te kon hengel.

“Die dames van die Stilbaaiklub het behoorlik reggestaan met ‘n mooi gedekte saal en slaaie, ter aanvulling van die heerlike braaivleis.” ‘n Kontantskenking vir onkostes vir die naweek is vanaf  Maynard van Niekerk en die Van der Merwes van Battery Centre, Kuilsrivier ontvang - waarvoor hulle opreg bedank word. Die Sondagoggend se heerlike ontbyt is deur Niel van Niekerk van Terason, Citrusdal geborg.

Die klub se volgende hengeldatum is Saterdag, 28 November 2015 en algemene navrae kan aan Elba Tredoux by 082-214-8622 of 028-388-0092 gerig word.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub Kraai Hengelkoning

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles