Strandskloof is GOUD

Strandskloof  is GOUD

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het eers gedink dit is ‘n ‘scam’, maar toe ons bevestiging kry dat ons die wenners is, was ons oorstelp van vreugde,” vertel Isabel Fourie van Strandskloof Karavaanpark. Die geleentheid was Discount Traveler en Sanlam se Top Destination Awards op 29 Oktober 2015 in die Walled City in Ratanga Junction. ‘n Pragtige trofee, ‘n goue sertifikaat, R32,000 se reklame per wenner op Discount Traveler se verskeie platvorms, asook ander pryse is aan hulle oorhandig.

Die eienaars van Strandskloof Karavaanpark, Tot en Isabel Fourie, asook Anje Badenhorst (Administrasie), het die prestige geleentheid bygewoon. Uit ‘n totaal van 2,400 van alle kategorieë genomineerdes landswyd, is 240 finaliste genooi om die geleentheid by te woon. In die katergorie Karavaan en Kampering, was daar 11 finaliste - met Strandskloof Karavaanpark wat loshande as die wenner bekroon is.

Die aanwysing van genomineerdes word landswyd deur die publiek gedoen, wat dit ‘n groot eer maak om as wenner uit die stryd te tree - nogal vir Gansbaai wat onlangs met die een goue-wenner na die ander op toerisme-gebied gespog het. Tot en Isabel het die karavaanpark 5 jaar gelede op 1 September 2010 amptelik geopen. Intussen het etlike verbeterings bygekom en die karavaanpark is werklik ‘n lus vir die oog.

Hulle is vir 50 staanplekke en twee selfsorgeenhede goedgekeur, met puik en netjiese fasiliteite soos onder andere: 2 koue swembaddens en een verhitte swembad, mini-gholfbane en vlugbal, met vele bykomstige vermaak gedurende vakansieseisoene. Die terrein vertoon pragtig en groen, met verruklike see-, landskap- en berguitsigte. “Ons beplan ‘n spesiale feesnaweek in Februarie 2016 vir ons kampeerders om hierdie prys te vier,” sê Isabel. “Terselfdertyd wil ons almal bedank vir die ondersteuning, maar veral ook ons eie werkers waarsonder hierdie groot eer ons nie te beurt sou geval het nie. Dan het ons ook ‘n spesiale maandtarief vir pensionarisse.”

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za. Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

Strandskloof  is GOUD

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles