BARC skitter weer

BARC skitter weer

Gansbaai Courant

 “Ek voel sommer weer baie beter as ‘n tyd gelede,” sê Annalie Jonker van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC).

“Ons bly maar steeds afhanklik van donasies en ondersteuning, maar wat die interne woelinge betref skitter BARC weer vir ‘n slag.” Sy sê een van die ligpunte is die aanstelling “van ‘n reus van ‘n man” met ‘n baie klein hartjie vir diere. Dit is Nols Jonas (44) wat as BARC se nuwe Veldwagter op 26 Oktober aangestel is. Nols is op ‘n 3-maande proefbasis aangestel, maar na slegs ‘n week dui alles daarop dat hy die regte keuse was. Nols en sy eggenote, Hannelie is maar enkele weke in Gansbaai, maar hy is goed bekend met die omgewing.

“Ek het enkele jare gelede vir 3 jaar voltyds hier gewerk,” sê Nols. “Ons het nie kinders nie, maar my hond is my kind in die huis.” Nols sê hy beskou nie sy aanstelling as ‘n uitdaging nie, maar as iets om na uit te sien en sal dit vir niks anders verruil nie, aangesien hy ‘n groot liefde teenoor diere koester. Hy het sommer dadelik raad vir die gemeenskap: “Kennis moet geneem word dat Wetstoepassers, en nie BARC, vir rondloperhonde geskakel moet word, aangesien ons geen magtiging het om direk op te tree nie.” Intussen vorder BARC se staatmaker, Antonie Jordaan fluks met die aanbou van onder andere 5 nuwe hokke. Die verantwoordelike skoonmaker, Michelle Philander sorg sedert Januarie vanjaar dat die hokke en perseel silwerskoon bly.

BARC se Cattery (kattehok) is beslis ‘n aanwins met 20 klein katjies wat tans daar op aanneem-ouers wag. Op hierdie noot kan kennis geneem word dat donateurs gewoonlik op hondekos fokus, waarvoor groot dankbaarheid bestaan, maar kattekos as skenkings is deesdae eweneens belangrik.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC skitter weer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles