BARC skitter weer

BARC skitter weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ek voel sommer weer baie beter as ‘n tyd gelede,” sê Annalie Jonker van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC).

“Ons bly maar steeds afhanklik van donasies en ondersteuning, maar wat die interne woelinge betref skitter BARC weer vir ‘n slag.” Sy sê een van die ligpunte is die aanstelling “van ‘n reus van ‘n man” met ‘n baie klein hartjie vir diere. Dit is Nols Jonas (44) wat as BARC se nuwe Veldwagter op 26 Oktober aangestel is. Nols is op ‘n 3-maande proefbasis aangestel, maar na slegs ‘n week dui alles daarop dat hy die regte keuse was. Nols en sy eggenote, Hannelie is maar enkele weke in Gansbaai, maar hy is goed bekend met die omgewing.

“Ek het enkele jare gelede vir 3 jaar voltyds hier gewerk,” sê Nols. “Ons het nie kinders nie, maar my hond is my kind in die huis.” Nols sê hy beskou nie sy aanstelling as ‘n uitdaging nie, maar as iets om na uit te sien en sal dit vir niks anders verruil nie, aangesien hy ‘n groot liefde teenoor diere koester. Hy het sommer dadelik raad vir die gemeenskap: “Kennis moet geneem word dat Wetstoepassers, en nie BARC, vir rondloperhonde geskakel moet word, aangesien ons geen magtiging het om direk op te tree nie.” Intussen vorder BARC se staatmaker, Antonie Jordaan fluks met die aanbou van onder andere 5 nuwe hokke. Die verantwoordelike skoonmaker, Michelle Philander sorg sedert Januarie vanjaar dat die hokke en perseel silwerskoon bly.

BARC se Cattery (kattehok) is beslis ‘n aanwins met 20 klein katjies wat tans daar op aanneem-ouers wag. Op hierdie noot kan kennis geneem word dat donateurs gewoonlik op hondekos fokus, waarvoor groot dankbaarheid bestaan, maar kattekos as skenkings is deesdae eweneens belangrik.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC skitter weer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles