Profiel Hettie Lass

Profiel Hettie Lass

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die fikse en bedrywige Hester Florina (Hettie) Lass (87) is op 4 Julie 1928 op ‘n plaas naby Carletonville, Wes-Gauteng gebore, waar sy ook grootgeword het. Vir haar hoërskooljare bevind sy haarself in Potchefstrrom, waar sy in 1946 aan Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer. Daarna verwerf Hettie haar Onderwys Diploma in 1949 aan die Potchefstroomse Onderwys Kollege.

In 1952 tree Hettie in die huwelik met Victor, wat sowat 22 jaar later in 1993 oorlede is. Twee seuns, Heinrich (56) van Pretoria en Victor (52) van Kaapstad is uit die huwelik gebore, asook twee dogters, wyle Estra wat sowat 19 jaar gelede oorlede is en Elsa (60) wat saam met haar eggenoot, dr Nic du Plessis in Kanada woon. Hettie is die trotse ouma van 9 kleinkinders en oumagrootjie van 8 agterkleinkinders. Hettie het in Carletonville, Vrystaat en die destydse Transvaal onderwys gee, totdat sy in 1990, sowat 25 jaar gelede afgetree het. Elsa en Nic het etlike jare gelede in die huis langs Hettie gewoon.

Nic het oorspronklik dr Marina Barnard se spreekkamers destyds in ‘n huis begin, met wyle dr Jacobie Fourie wat later bygekom het. Hulle het haar omgepraat om in De Kelders by hulle te kom woon, waarna sy haar woning sowat 20 jaar gelede laat bou het. “Hulle het later na Kanada verhuis, maar ek het besluit ek bly net hier,” sê Hettie. Hierdie uiters beskeie, maar bedrywige dame het in haar hoërskool- en kollege-jare aan Provinsiale hokkie en -atletiek (hekkies en naellope) deelgeneem.

Vandag is sy 87 jaar jonk (absoluut!), woon selfversorgend in haar huis en is so gesond soos ‘n vis in die water. Van stilsit is daar by Hettie nie sprake nie. Sy is vir die afgelope ±16 jaar by Franskraal Rolbalklub betrokke, met nie minder nie as 10 silwer- en 9 goue medaljes wat in haar huis teen die muur pryk, met die laaste goue medale in 2015. Ook op kwiltgebied woeker Hettie al vir die afgelope ±10 jaar saam met haar vriendin, Olga Swanepoel se Wacky Whalers Kwilters. Hettie, haar dogter en nog ‘n vriendin is die oorspronklike stigters van die bekende Gansbaai Seniorklub. Hettie leef as ‘n dankbare mens teenoor haar Skepper en geniet hierdie kosbare en gesonde tyd wat haar gegun word voluit.           

Hardus Botha

Profiel Hettie Lass

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles