Nuwe Sentrum vir Ikamva

Nuwe Sentrum vir Ikamva

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons is baie, baie dankbaar vir ons jarelange droom waarvan die realisering daarvan nou begin het,” vertel Jolande Sauls, Bestuurder: Ikamva Jeugontwikkeling en Naskoolse aktiwiteite. Sy verwys na grond in Asterstraat in Blompark wat aan hulle ge-oormerk is om te huur en waar ‘n nuwe sentrum vir hulle aktiwiteite gebou gaan word.

Ikamva is deurgaans besig met die reël en aanbied van ‘n groot verskeidenheid jeug-aktiwiteite en werk ook nou saam met verskeie Staatsdepartemente. Die nuwe sentrum sal onder andere uit twee kantore, ‘n créche, siekeboeg, kombuis en ‘n volwaardige Jeugsentrum bestaan. Tans word al hierdie bedrywige organisasie se aktiwiteite in die Blompark Gemeenskapsaal aangebied, met ‘n baie klein kantoortjie vir hulle administrasie.

“Ons sien daarna uit om na ons nuwe sentrum te trek, veral oor die veel groter spasie wat ons sal kan benut, asook ‘n behoorlike créche vir die kleuters,” sê Jolande. Sy sê vele donasies en skenkings word nog benodig om die droom volgende jaar te laat realiseer, aangesien hulle self alle kostes vir die oprigting van die strukture moet bekom. “Ons het reeds met etlike instansies begin onderhandel in die hoop dat ons voldoende fondse sal bekom." PEPFAR USA het reeds die fondasie, dreingat en bouplanne vir hulle geborg, waarvoor hulle groot waardering het.

Verskeie hooggeplaasdes en gemeenskapsleiers het die plegtigheid bygewoon, wat Jolande opreg bedank vir hul teenwoordigheid, met spesiale verwysing na die Overstrandse Onderburgemeester, rdl Rudolph Smith. “Nou sien ons angstig uit na ons nuwe fasiliteite wat ons broodnodig het vir ons vele aktiwiteite in belang van ons jeug,” sê Jolande.

Hardus Botha

Nuwe Sentrum vir Ikamva

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles