Ken die Here my?

Ken die Here my?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

”Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.”  (Mat. 7:23)

Dis ‘n vreemde vraag, nê? “Ken die HERE my?” Moet die vraag nie eerder wees: “Ken ek die HERE nie?” Jesus vra tog die vraag aan Sy dissipels: “Ek is al so lank by julle,en ken jy My nie, Filippus?” (Joh. 14:9) Maar vandag wil ek Jesus se ontstellende opmerkings in die Bergpredikasie aan jou stel:

Nie elkeen wat vir My sê: ‘HERE, HERE’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘HERE, HERE, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’  Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van GOD oortree.” (Mat. 7:21-23)

Kan jy die woord “Baie” in hierdie gedeelte raaklees? “Baie sal daardie dag vir My sê: “HERE,

HERE...het ons dan nie in U Naam.....” Daar is baie mense wat dink hulle saak met GOD is reg, maar dit is nie só nie. As ons sê dat ons glo in Hom, moet ons lewe immers daarvan getuig. Ons moet dit wys in die vrugte wat ons dra. Twee verse terug, In Matteus 7:19 sê Jesus: “'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Jesus wil ons waarsku: Luister na GOD se Woord, doen wat my Vader van julle vra en Hy sal julle die dag met die finale oordeel, KEN!

Natuurlik ken GOD alle mense, Hy het hulle immers geskape, dan nie? Maar hierdie “ken” verwys na GOD wat jou as Sy kind wil ken, een wat aan Hom gehoorsaam is en na Sy Woorde luister en vrugte dra wat by jou bekering pas. Sjoe! Dit klink nou anders as wat ons dit vir so baie jare in die kerke en skole geleer het! Nee, dit is nuwe woorde of leerstellings nie. Dit staan nog altyd in GOD se Woord. Ons moet dit net weer hoor. Te veel sogenaamde gelowige Christene is lou in hulle geloofslewe. Geen entoesiasme, geen ware vrugte en ’n ligsinnige leefwyse gaan maak dat GOD jou eendag kan uitspoeg omdat jy nie warm is nie! (Lees Openbaring 3:15,16) As jy sê jy is ’n kind van GOD, dan moet dit ook elke dag in jou dade sigbaar wees. (Jak. 1:22, 2:14,17) As jou geloof nie sigbaar word in jou daaglikse lewe (woorde en dade) nie, dan kan jy verseker weet: GOD ken jou nie! 

Dis só maklik om op die regte pad te begin loop. GOD , die Heilige Gees, wil nou daar in jou hart werk en jou help om jou hele lewe aan Hom oor te gee. Doen dit biddend, lees meer en meer uit GOD se Woord en laat die Gees jou in alles lei. Dan sal jy ook vrugte dra!

Ken die Here my?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles