Tydens 'n onlangse funksie van Fine & Country Overberg, gehou by Lighthouse Tavern, het die eienaar, Stephen Weeden, sy agente bedank vir hul toewyding. Hy het toekennings aan die agent van die jaar, asook die naas-wenner oorhandig. Die agent wat by verre die beste presteer het in die tydperk Maart 2014 tot Februarie 2015, is Nelia Muller van die Pearly Beach kantoor. Sy ontvang die wisseltrofee asook 'n geraamde sertifikaat. Die naas-wenner, Daniël Geldenhuys, wat net-net beter gevaar het as die agente in die derde en vierde plekke, het ook 'n sertifikaat ontvang.
Stephen het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die nuwe agente wat onlangs by hulle aangesluit het, te verwelkom. In September het Hannelie van Zyl by hulle begin. Hannelie is 'n agent in die Kleinbaai-area en werk vanaf die Gansbaai-kantoor saam met Hennie Austin en Mienie Fourie. Helda Du Plessis, voorheen van Homenet eiendomme, het in Junie by hulle aangesluit. Sy is 'n agent vir plase in die area vanaf Baardskeerdersbos tot sover as Wolvengat. In Oktober het Ina Pirkens en Marina van Wyk by hulle aangesluit. Ina werk vanuit die De Kelders kantoor in die area saam met Maria Claassen. Marina, voorheen van Keller Williams eiendomme, werk vanuit die “nuwe” Franskraal kantoor in Rossouwstraat in die area saam met Daniël Geldenhuys en Mariki Woensdregt, wat al van Januarie vanjaar af by hulle is.
Daar is ook by hierdie geleentheid een van hulle agente gegroet. Elmarè Rankin is bedank vir haar waardevolle bydrae die jare wat sy saam met hulle was en Stephen het haar voorspoed toegewens vir haar toekoms by die Fine & Country eiendomme in Somerset-Wes.
Die verrigtinge is afgesluit met 'n heerlike “brunch” en saam-kuier.
Daniël Geldenhuys