Fine & Country Funksie

Fine & Country Funksie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens 'n onlangse funksie van Fine & Country Overberg, gehou by Lighthouse Tavern, het die eienaar, Stephen Weeden, sy agente bedank vir hul toewyding. Hy het toekennings aan die agent van die jaar, asook die naas-wenner oorhandig. Die agent wat by verre die beste presteer het in die tydperk Maart 2014 tot Februarie 2015, is Nelia Muller van die Pearly Beach kantoor. Sy ontvang die wisseltrofee asook 'n geraamde sertifikaat. Die naas-wenner, Daniël Geldenhuys, wat net-net beter gevaar het as die agente in die derde en vierde plekke, het ook 'n sertifikaat ontvang.

Stephen het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die nuwe agente wat onlangs by hulle aangesluit het, te verwelkom. In September het Hannelie van Zyl by hulle begin. Hannelie is 'n agent in die Kleinbaai-area en werk vanaf die Gansbaai-kantoor saam met Hennie Austin en Mienie Fourie. Helda Du Plessis, voorheen van Homenet eiendomme, het in Junie by hulle aangesluit. Sy is 'n agent vir plase in die area vanaf Baardskeerdersbos tot sover as Wolvengat. In Oktober het Ina Pirkens en Marina van Wyk by hulle aangesluit. Ina werk vanuit die De Kelders kantoor in die area saam met Maria Claassen. Marina, voorheen van Keller Williams eiendomme, werk vanuit die “nuwe” Franskraal kantoor in Rossouwstraat in die area saam met Daniël Geldenhuys en Mariki Woensdregt, wat al van Januarie vanjaar af by hulle is.

Daar is ook by hierdie geleentheid een van hulle agente gegroet. Elmarè Rankin is bedank vir haar waardevolle bydrae die jare wat sy saam met hulle was en Stephen het haar voorspoed toegewens vir haar toekoms by die Fine & Country eiendomme in Somerset-Wes.

Die verrigtinge is afgesluit met 'n heerlike “brunch” en saam-kuier.

Daniël Geldenhuys

Fine & Country Funksie

Daniël Geldenhuys

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles