Rolbalnuus (5 Nov 2015)

Rolbalnuus (5 Nov 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 27 Oktober 2015 het Franskraal Rolbalklub 'n ope toernooi vir spanne wat bestaan uit 3 dames aangebied. 

Die getal inskrywings moes beperk word weens die opgradering van die A-perk, maar die B-perk was ten volle benut deur 14 spanne wat ingeskryf het, nl. 4 elk van L’Agulhas en Hermanus en 6 van Franskraal.  Dit was nogal 'n kleurvolle gesig aangesien die dames almal pienk hemde gedra het om hulle ondersteuning vir kankernavorsing te toon.  Die weer het mooi saamgespeel en na al die voorafgaande onweersdae was die weer eintlik baie goed en het die spelers die dag regtig geniet.

Me Christie Groenewald het die dag geborg soos sy reeds baie jare doen.  Sy kon egter weens persoonlike omstandighede nie teenwoordig wees nie, maar het haar goeie wense telefonies oorgedra. Franskraal Rolbalklub is dankbaar vir haar voorgesette ondersteuning.  Soos tydens elke vorige damesdag was die mans van die klub op hulle stukke om die dames te bederf met 'n aantreklike en smaaklike middagete en ander versnaperings. Die kroegmanne het ook gesorg dat die dames nie dors word nie.  Al die reëlings wat deur so 'n toernooi nodig is, is op voortreflike wyse deur die verantwoordelike mans getref en die dag het glad verloop.

Nadat 'n aantal kleiner pryse uitgedeel is, het die Wedstryd-sekretaris die wenners onder van die volgende skippers aangekondig, nl.

3de plek – Amanda Meyer – Hermanus

2de plek – Rosa Cloete – Hermanus

1ste plek – Ina Trollip – L’Agulhas

Dankie aan al die deelnemers. 

Volgende jaar maak ons weer so!

Pieter Conradie, President, Foto verskaf

Rolbalnuus (5 Nov 2015)

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles