Wees baie versigtig in Kleinbaai-hawe

Wees baie versigtig in Kleinbaai-hawe

Gansbaai Courant

Wanneer die elemente die dag by Kleinbaai-hawe nie gunstig is nie kan sake nogal moeilik raak indien jy daar aan wal moet gaan. Tans  is daar nog geen veranderinge aangebring om hierdie situasie te verbeter nie, maar daar is volgens my ‘n selfs groter kopseer. Wanneer jy jou boot daar te water moet laat en die see is onstuimig is dit erg genoeg, maar veral gedurende volmaan en die gevolglike springgety vererger dit sake. ‘n “Gewone” springgety is nie die probeem nie. Daar is die tye wanneer die water ‘n vreeslike trek het en gekombineer met volspring is dit tyd om baie versigtig te wees. 

Ek sou sê dat die wysste ding om te doen is om eers die kat uit die boom te kyk en dan te besluit of dit die moeite werd sal wees. ‘n Groot vereiste sal wees dat die skipper volle vertroue in sy  boot sowel as die bemanning moet hê. Dit is so dat elke boot basies van ‘n ander sal verskil en juis daarom sal almal nie saamstem oor ‘n algemene proses om te volg nie. Hoe groter die boot, volgens my, hoe meer stabiliteit sal daar wees en dit behoort ook sake te vergemaklik.

Vir die deursnee boot behoort die volgende prosedure gevolg te word. Dis my ondervinding en dit sal interresant wees om enige ander skipper se mening hieroor te hoor.

Die afstoot van die boot is egter nie die groot probleem nie, maar die terugkry op die sleepwa! Kom ons kyk bietjie daarna. ‘n Ordentlike sleepwa het gewoonlik gidsplanke of iets dergeliks wat baie help.

Wanneer jy die hawe inkom en die manne is afgelaai, beskou die manier waaop die water opstoot en terugtrek, behoorlik. Jou tydsberekening is baie, baie belangrik. Die sleepwa word dan nader getrek en in posisie gebring. Hier sal jy moet kophou en ‘n aanduiding moet gee wat die verkiesbaarste posisie vir die sleepwa is  -- te diep en jy gaan oorstroom word, te vlak en die boot beland op “droë” grond. Ek het gevind dat dit die beste is om wanneer jou sleepwa in posisie is te wag totdat die water begin terugtrek en dan so gou moontlik die boot op die sleepwa te kry. Dis nou waar jy goeie samewerking benodig. Die persoon wat die aanhakery doen moet dit deeglik en gou doen  --  selfs voordat die water behoorlik opgestoot het. Dan moet die teken vir die voertuigbestuurder gegee word om vorentoe te trek. Indien daar gesukkel word om die haak behoorlik op te koppel, moet daar eenvoudig vasgeklou word daaraan om te verhoed dat die boot afskuif. Dis uiters noodsaaklik. Met ‘n goeie verstandhouding tussen die twee sal die bestuurder (al is dit minimaal) vorentoe beweeg om die stygende water teen te werk. En glo my, daardie terugtrek en die opstoot van die water kan groot probleme veroorsaak. Moet nie onnodig in hierdie situasie beland nie.   

Kophou! Seemeeu

Wees baie versigtig in Kleinbaai-hawe

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles