Koeël is deur die vis

Koeël is deur die vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die Birkerhead Boothengelklub se laaste boothengelkompetisie vir 2015 op 31 Oktober 2015, is die koeël nou deur die “vis” wat betref die jaar se kampioene. 4 bote het ingeskryf en 3 het ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 15 wat deelgeneem het, waarby 2 juniors ingesluit was.

7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 70 met 'n totale massa van 54.8kg, wat ‘n gemiddeld van 3.65kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Ben Uys (Silvervis - 2.95kg); 2de swaarste vis, Boetie Wessels (Rooi Roman - 2.1kg); swaarste sak (10.2kg), Ben Uys; 2de swaarste sak (8.1kg), Danie Fourie; swaarste bootgemiddeld (7.93kg), Oupa van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (2.75kg), Liro van De Wet Gilliomee; Junior Swaarste sak (7.15kg), JP Uys (Jnr). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (57.23kg), Oupa van Ben Uys (40.65kg), Relêks 2 van Jean Downing (36.98kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (60.59kg), Philip Fourie (56.85kg); Ben Uys (45.65kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (19.75kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (40.6kg), Hennie Groenewald (31.2kg). Nou-ja, nou kos dit nie veel dinkwerk om te wonder oor die trofeë tydens die jaareindfunksie nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 Desember 2015 geskeduleer, wat dien as die eerste kompetisie vir 2016.

Die Birkenhead Boothengeklub se Algemene Jaarvergadering sal op Vrydag, 13 November 2015 om 19:00 plaasvind, met die Jaareind- en Prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 14 November om 19:00. Klub- en Jaareindnavrae kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Koeël is deur die vis

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles