Gansbaai Wêreldklas

Gansbaai Wêreldklas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geen twyfel kan nou meer bestaan dat Gansbaai as ‘n Wêreldklas Verantwoordelike Toerisme Bestemming beskou word nie. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het op Woensdag, 4 November 2015 Gansbaai se Goue-toekenning as die wêreld se Mees Verantwoordelike Toerisme Bestemming in London ontvang - ‘n prestasie en eer vir Gansbaai wat nie in woorde omskryf kan word nie. Wat ‘n enorme sprong gesien in die lig van ‘n klein, onbekende vissermansdorpie na ‘n dorp en omgewing wat nou wêreldgehalte toerisme aan die besoeker kan bied.  

Gedurende April vanjaar was Gansbaai een van 22 finaliste in die African Responsible Tourism Awards 2015, met twee toekennings wat verower is: Goud as die “Best Destination for Responsible Tourism”, asook die Algehele Wenner in Afrika. Met daardie toekennings het Gansbaai as ‘n finalis vir die World Responsible Tourism Awards in die Wêreld Handelsentrum in London gekwalifiseer. Die aanvanklike hoeveelheid inskrywings was 1,500, waarna die lys na 121 verkort is en daarna is ‘n kortlys met 22 inskrywings opgestel - met Gansbaai wat as wêreldwenner uit die stryd getree het.

In Glenda se woorde: “From Africa’s side a shortlist was made from the African Responsible Tourism awards held in May this year. Grootbos and Marine Dynamics were also awarded gold at the Africa Responsible Tourism Award ceremony in their respective categories, but only Gansbaai (Tourism) and Grootbos were shortlisted for the World Awards.” Grootbos het ‘n Silwertoekenning in die kategorie vir Best for Poverty Reduction ontvang. Die Beste Bestemming vir Verantwoordelike Toerisme word toegeken aan ‘n vakansie-bestemming wat ‘n inspirerende en invloedryke voorbeeld vir verantwoordelike toerisme is - en daarvoor is Gansbaai met Goud bekroon. “The judges have recognized Gansbaai for the co-operation shown between various different businesses, both with each other and with the local authorities to make Gansbaai a better place to live,” vertel Glenda. Wat meer kan oor ‘n eervolle wêreldtoekenning van hierdie aard gesê word? Trots-Gansbaai!

Hardus Botha

Gansbaai Wêreldklas

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles