Uit die Woord van GOD kom ware wysheid!

Uit die Woord van GOD kom ware wysheid!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Om U wil te doen, my GOD, is my een begeerte, u Woord is my hele lewe.” (Ps. 40:8).  “Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U Woord! “ (Ps. 119:9)  “Ek het gesê: “Dít is my lewe, HERE, om u Woord te gehoorsaam.” (Ps.119:57) “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.” (Joh 17:17) 

Elke mens, ook ek en jy, soek na ware wysheid vir ons lewe. Ons wil mos weet HOE ons moet lewe om gelukkig te wees en WAT ons moet doen om die ewige lewe te verkry. Hierdie wysheid, my vriend, vriendin, is duidelik te kry in die Boek van alle boeke, GOD se Woord, die Bybel.

Daarom wonder ek soms hoekom ons só sukkel om te verstaan dat Jesus, wat die ware brood van die lewe is, (Joh. 6:51)  die enigste pad na die hemel is, die enigste waarheid en die enigste ware lewe is. (Joh. 14:6) As jy in Jesus glo as jou Verlosser en Sy Naam bely met jou lippe uit ’n opregte hart, sal jy ewig lewe! (Joh. 1:12; 3:16;  Rom. 10:8-10). Glo jy dit? Dit is die ware wysheid uit GOD se Woord.

Maar wat my verstand te bowe gaan  is die feit dat ons so baie kere ons ore uitleen aan sogenaamde slim  manne en vroue wat sê hulle weet hoe jy moet lewe, maar hulle luister nie wat in GOD se Woord staan nie. Die Bybel is nie ’n moeilike Boek om te verstaan as jy bereid is om te lees wat daar geskrywe is en toelaat dat die Heilige Gees dit aan jou duidelik maak nie. As jy GOD se wil vir jou lewe soek, lees Sy Woord! As jy wil weet hoe om jou kinders groot te maak, lees die Bybel! (Deut. 6:5-9) As jy wil weet of voor- of buite huwelikse seks toelaatbaar is, vra na GOD se Wil en jy al duidelik hoor GOD verbied seksuele omgang buite die grense van die huwelik. Netso sal jy duidelik in GOD se Woord lees dat homoseksualeit téén GOD se Wil is (1 Kor. 6:9; 1 Tim. 1:10 ens.)

My vraag vandag aan jou is: Wil jy regtig met wysheid lewe? Lees dan GOD se Woord! Hou op om toe te laat dat die televisie, die Huisgenoot, koerante of selfs ‘slim” uitsprake van sogenaamde godsdienstige manne en vroue (selfs kerke!) jou wegtrek van die enigste ware Wysheid – die Woord van GOD. Lees weer die verse hierbo. Glo jy dit?  “Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê. Dit is tog alles in U Woord neergeskryf.” (Ps. 40:8 – Boodskap)

“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die Woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.  Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.”(Ps 1:1-3)

Uit die Woord van GOD kom ware wysheid!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles