Die sesde Prestige Aand van Academia is op Donderdag 22 Oktober gehou. Die verrigtinge is deur dr Johnson geopen. Die gasspreker vanjaar was mnr Loriston van die Departement van Onderwys.
Die Gansbaai Courant se kreatiewe skryfwerk prys het vanjaar aan Simphiwe Yana gegaan. Die kultuurtrofee is deur Izaan Newman opgeraap.
Die top presteerders in elke graad was: Izaan Newman- gr. 8, Odwa Mntakaziwa – gr. 9, Heinrich van der Merwe – gr 10, Analo Yawa – gr. 11 en Verreynne van Tonder – gr. 12. Op sportgebied het Melandi Steynberg, Jay-Lee Swart en Zandre Otto erekleure ontvang vir rugby.
Die sportman van die jaar is Reginald Alexander en sportvrou van die jaar Melandi Steynberg (sy het Springbokstatus vir damesrugby). Die junior dux vanjaar is Analo Yawa en senior dux Malcolm Mulope. Die prinsipaal trofee word vanjaar gedeel deur Simphiwe Yana en Caren Kleyn. Die nuwe hoofseun vir 2016 is Analo Yawa en hoofmeisie Sonja-Lee Spandiel. Die onderhoofseun is Dee-Jay Slamat en onderhoofmeisie is Shirley Yotsi.
Academia wil ook van die geleentheid gebruik maak om Superspar te bedank vir die druk van die sertifikate.
Liezel Mostert