Haaiboot-operateurs Tops

Haaiboot-operateurs Tops

Gansbaai Courant

Die afgelope naweek was weer eens ‘n bewys van die enorme waarde wanneer besighede kragte saamsnoer - selfs al is hulle in ‘n kompeterende besigheidsveld. Nie minder nie as 7 Haaiboot-operateurs het saamgestaan en gesorg dat Gansbaai Academia met hulle Toerisme Gholfdag R37,000 op Saterdag, 7 November 2015 ingesamel het. Die inisiatief was dié van Madelein Swart van Gansbaai Munisipale Administrasie. Madelein het hande gevat met Kim (Shark Lady) Maclean, voorsitter van Great White Shark Protection Foundation en tussen dié twee het hulle verseker dat die dag ‘n enorme sukses was.

“Samewerking soos hierdie is ‘n indirekte bydrae tot Gansbaai Academia, maar is terselfdertyd van uiterste belang vir die opvoeding van ons kinders,” het Tommy Wilson, Skoolhoof: Gansbaai Academia, wat ook die bedankings hanteer het, gesê. Na Madelein se gesprekvoeringe met Kim, het Kim op haar beurt 7 Haaiboot-operateurs se volle samewerking verkry. Soveel so dat elkeen van hulle R3,000 oorbetaal het - nog voordat die gholfdag aangebreek het. Hulle is (alfabeties) Great White Shark Tours, Marine Dynamics, Shark Lady, Supreme Sharks, White Shark Diving Co, White Shark Projects en White Shark Ventures, wat dan ook die hoofborge vir die dag was. 14 spanne met 52 spelers het ingeskryf en uitstekende pryse is met die 4 Ball Better Ball losgeslaan. Madelein se regterhande was kapt Gerda Groenewald (voorsitter Gansbaai Academia Ouervereniging) en Ernst Nieuwoud (voorsitter Gansbaai Academia Beheerraad), asook twee lede van die Ouervereniging, Suelene de Villiers en Christina Rutzen.

5 van die Haaiboot-operateurs het ook stalletjies as ‘n verrassing by puntjies opgeslaan met allerlei verversings, vitamiene drankies en selfs tequila cocktails: Shark Lady, White Sharks Projects, White Shark Adventures en Supreme Sharks, met Great White Shark Tours wat gesonde water geborg het. Naas die Haaiboot-operateurs se bydrae plus hulle addissionele borgskappe, was daar etlike ander borge waarvoor die organiseerders eweneens hul opregte waardering uitspreek.

Pryse soos 2 nagte vir 2 persone in luukse gastehuise, helikopter-besigtigingsritte oor Kaapstad vir 2 en 6 persone, haaiboot-besigtigingsritte, 2 heel skape en veel meer. Van die ander borge was (alfabeties): Cape Town Helicopters (Kaapstad), Coffee on the Rocks, Diamonds Discount Liquor Caledon, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Giuseppe’s Pizzeria, Grootbos Private Nature Reserve, Himmelblau Boutique, Keith Auchterlonie, NAC Helicopters (Kaapstad), Oom Piet Gastehuis, Raka Wines, Roundhouse, Sarona’s Beauty Clinic, Saxon Lodge, Sea Star Lodge, Strandveld Slaghuis en The Round House.

Bev Swart het as “afslaer” vir die opveil van 10 haai-besigtigingsritte die mooi bedrag van R5,900 ingesamel. “Daar bestaan geen twyfel by my dat Gansbaai Academia Toerisme Gholfdag ‘n jaarlikse instelling gaan word nie,” het Madelein gesê. “Daarom vertrou ek dat die Haaiboot-operateurs se fantastiese samewerking met enorme pryse ‘n uitdagende aansporing vir ander besigheids-kategorieë sal wees.”

Hardus Botha

Haaiboot-operateurs Tops

Hardus Botha / Collage Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles