Vrouediens en Onvervulde Drome

Vrouediens en Onvervulde Drome

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NGK se Vrouediens Kommissie het hul jaar met “Onvervulde Drome” afgesluit. Dit is nou nie met verwysing na hulle jaar se werksaamhede nie, maar dit was die gasspreker, Piet Scoombie se tema vir die byeenkoms.   

Die geleentheid is onder leiding van Stienie Geldenhuys, Christelle Wiese en Adele Swart deur die De Keldersstreek se dames gereël en aangebied. Die prag-versierde saal was volgepak met sowat 100 dames, asook twee dorings, die gasspreker en ds Dirk van Dyk. Drie jonge Gr 7 dametjies van Laerskool Gansbaai, al drie prefekte, het vir puik voordragte gesorg: Fiona Fourie, Hoofdogter (Monoloog), Mia Hughes (Engelse voordrag) en Goldien Wolfaardt (Afrikaanse voordrag). Die dametjies het hulself goed van hul take gekwyt. Smaaklike southappies en vrugteslaai met roomys is voorgesit en Stienie sê sy is dankbaar dat die geleentheid suksesvol afgeloop het. Stienie bedank graag vir Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar en Lekkerbek vir hul bydraes en borgskappe wat tot die sukses van die aflsuitingsfunksie bygedra het.

‘n Nuwe Bestuur (2016) vir die Vrouediens Kommissie vir al die streke is tydens die geleentheid verkies, waaroor later verslag gedoen sal word. Piet Schoombie se interessante aanbieding van “Onvervulde Drome” is goed deur die dames ontvang. “Ek het op hierdie onderwerp besluit omdat ek vermoed dat vele hedendaagse mense, ook julle wat hier sit, met allerhande onvervulde drome worstel en wroeg,” het Piet gesê. “Drome wat julle heimlik vertroetel, koester en gereeld oor nadink, maar wat onvervuld is weens werksverpligtinge, kinderopvoeding, huishoudelike verantwoordelikhede, onvoldoende finansies, swak gesondheid en veel meer.”

Hy het gesê hy beskou dit as ‘n vorm van ingesteldheid wat in 6 woorde saamgevat kan word: “Dit is nooit te laat nie.” Hy het hierdie siening met enkele Bybelse waarhede en -voorbeelde geïllustreer. “Hierdie voorbeelde illustreer duidelik dat, waar ons Hemelse Vader in beheer is, is niks ooit te laat nie.” Hy het ook enkele wêreldleiers (mans en vrouens) as voorbeelde gebruik, ingesluit Nelson Mandela se geskiedenis.

Piet het ook sy eie geskiedenis aan die dames voorgehou, met sy “onver-vulde skrywersdroom” wat hy wel op 68-jarige ouderdom kon vervul.   

Hardus Botha

Vrouediens en Onvervulde Drome

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles