Rolbalnuus (12 Nov 2015)

Rolbalnuus (12 Nov 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Franskraal Rolbalklub het op 7 November 2015 ʼn toernooi aangebied wat geskeduleer was om ‘n mans driespel ope toernooi te wees.  Slegs een span van elders, naamlik die van Janes le Grange van Hermanus, het ingeskryf.  Die gevolg was dat agt spanne mans van Franskraal ingeskryf het. Dit was egter nog nie voldoende om die perk vol te maak nie.  Toe die dames van Franskraal hiervan hoor, het hulle dadelik drie spanne ingeskryf.  Dit is nou lojaliteit en wonderlike samewerking in belang van die klub.  Dankie dames!

Die verrigtinge het vlot verloop en die weer het gesorg vir goeie spel met slegs ʼn ligte wind om dit aangenaam te maak.  ʼn Smaaklike middagete wat deur die dames voorgesit is, het alles mooi afgerond.

Die borg was Omega Ondernemings wie se eienaar, Kobus van Staden die pryse aan die wenners oorhandig het.  Me van Staden was ook teenwoordig.  Baie dankie Kobus, asook vir jou bemoedigende woorde na die prysuitdeling.

Die wenners was Janes le Grange en sy span, Andy MacKae en Bryan Higgo. ʼn Damesspan bestaande uit Kim Breach, Kay Puttick en Marlene van der Walt het die ander mans gewys waar Dawid die wortels begrawe het deur in die tweede plek te eindig.  Welgedaan!

Pieter Conradie, President

Rolbalnuus (12 Nov 2015)

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles