Gansbaai KK het sy eerste Sondagliga (40 overs) wedstryd van die seisoen tuis verloor, nadat Kleimond KK die wedstryd met 1 paaltjie gewen het. Gansbaai KK het eerste gekolf en kon nie die goeie boulwerk van Kleinmond KK op 'n moeilike kolfblad baas raak nie.
Gansbaai KK kon slegs 134/10 (almal uit) in 40 boulbeurte aanteken. Kleinmond KK het toe gaan kolf en was op 44/5 onder druk, danksy goeie boulwerk van Gurshwin Davids (8-3-17-3), Christo Swart (8-0-33-3) en Juan Havenga (4-0-18-2). Kleinmond KK het die druk verwerk om 135/9 in 33.1 boulbeurte aan te teken.
Gansbaai KK speel eerskomende Sondag tuis (afhangend van die weer omstandighede - reën) teen Stanford KK om 10h30. Ons is hoopvol dat Gansbaai 'n beter kolfvertoning sal lewer. Kom ondersteun die spelers.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen