Die komitee wat vir die uitgee van hierdie langverwagte boek verantwoordelik is, is verheug om aan te kondig dat die samestelling daarvan nou afgehandel is en dat dit laastens einde April te koop sal wees.
Die boek sal ’n tipiese hardeband, koffietafel-tipe boek wees (formaat 290x200mm) met ongeveer 240 bladsye propvol nuus van Gansbaai se geskiedenis en sy mense. Sestien bladsye sal in volkleur wees. Voorwaar ’n aanwins vir elke huis in Gansbaai en omstreke en ’n moet vir Oud-Gansbaaiers wat elders na hulle voetspore terugverlang !
Die komitee bedank graag vir almal wat reeds bestellings geplaas het. Julle wag is amper verby. Die voorlopige oplaag is vir 500 boeke en belangstellende kopers word aangemoedig om nou reeds hulle bestellings te plaas. Besonderhede hieronder :
Betaal R300 in ten gunste van die Gansbaai Gedenkboek by ABSA, rekeningnommer 9302079958. Faks, e-pos of oorhandig bewys van jou betaling met jou naam en kontakbesonderhede aan Glenda Kitley by Gansbaai Toerisme. Faksnommer 028-3840955 / e-pos gansbaaimanager@telkomsa.net.
Gedenkboek Komitee