Waar is GOD dan as dit gebeur?

Waar is GOD dan as dit gebeur?

Gansbaai Courant

“Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou GOD nou?” (Ps. 42:10) “Waarom sou die heidene kan sê: “Waar is hulle GOD nou?” (Ps.115:2)

Die gebeure van die afgelope tyd met die bomme wat in Parys, Frankryk, ontplof het en baie mense dood is, sowel as die onthoofding van Christene in die Ooste deur godsdienstige ekstremiste, het weer eens die eeue oue vraag laat ontstaan: Waar is GOD dan as hierdie dinge gebeur? Hoekom beskerm Hy nie mense teen sulke wrede, onmenslike dinge nie? Ja, selfs op die internet, ook hier plaaslik, is daar mense wat nou spot en vra, net soos in die tyd van die Bybel: “En waar is jou GOD dan nou?” (Ps. 42:10)

Is GOD dan afwesig in ons tyd? Het Hy die aarde en alles daarop geskape en net toe só oorgegee aan die mens met al sy wreedhede? NEE! En nogmaals: NEE! Vir ons as gelowiges, kinders van GOD, is daar altyd die troos en die versekering: GOD is in beheer. Soos die digter self in Psalm 115:3 die vraag antwoord: “Ons GOD is in die hemel. Alles wat Hy wil, doen Hy!” Dis dan juis ongelowiges, of soos die Bybel sê: “goddeloses” (mense sonder GOD in hulle lewe) wat hierdie vrae vra. En ons weet almal wat die uiteinde van die goddeloses/ongelowiges is. (Ps. 91:8; 147:6; Spr. 10:28; 11:23; Jes. 57:21; Op. 21:8) Vir ons as Christene is daar die wonderlike troos en bemoediging dat GOD alles ten goede laat uitwerk (Rom. 8:28)

Kom ek verduidelik dit só: As kind het my moeder glad nie gekeer as ek seerkry nie. Sy het wel aan my verduidelik wat is gevaarlik en wat kan my seermaak en my gewaarsku om versigtig te wees. Seerkry was maar deel van ’n seuntjie se lewe. Seerkry is ook deel van ons as volwassenes se lewe. Maar die dag as ek my velle afgeval het en die bloed geloop het, het my moeder dadelik met die regte medisyne gekom. Die één, merkurochroom het ’n rooi kleur gehad en is gebruik vir die wonde wat nie te diep was nie. Dit het nie eers gebrand nie. Daarvoor het ek nie omgegee nie. Maar die ander botteltjie, oranje van kleur, jodium, was ’n riller. Dit het soos vuur gebrand as moeder dit aansit. Maar sy het geweet dit was die beste medisyne. Dan het sy ook saggies oor die wond geblaas en die pyn het begin bedaar. Haar sagte stem en streling het ook gehelp.

GOD werk net só. Hy waarsku ons teen verkeerde dinge wat jou kan seermaak. Hy keer nie mense wat verkeerd lewe nie. Die uiteinde van elke mens sal dan ook bepaal wat met jou gebeur ná hierdie lewe. (Al dink die goddelose nie só nie!) Maar terwyl ons lewe is GOD se vertroosting daar soos die sagwerkende merkurochroom en die sterker dosis om ons seerkry te genees. Die wonderlikste van GOD is dat Hy naby is om te troos en ons te bemoedig. Glo dit en jy sal Sy krag en Sy nabyheid in jou lewe ervaar!

Waar is GOD dan as dit gebeur?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles