Beoordeling van fotos

Beoordeling van fotos

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms het weer eens uitstekende stof tot nadenke vir klublede opgelewer. Voorsitter Riaan Jacobs het die verwelkoming hanteer en ook na die volgende byeenkoms op 16 November 2015 verwys.

“Die tema sal Teksture & Patrone (Textures & Patterns) wees en die beoordelaars sal onder andere op die volgende let: beligting, komposissie, kreatiwiteit en ‘n storie wat agter dit skuil,” het hy gesê. Daarna het hy klublid Clive Bailey aan die woord gestel. Clive het ‘n uitstekende aanbieding oor kritiese beoordeling gelewer.

“Fotografie word as ‘n kuns beskryf en daarom kan daar nie vasgestelde reëls vir die beoordeling daarvan wees nie - slegs basiese riglyne,” het hy gesê. “Dit is belangrik om eerder die woord ‘kunstenaar’ te gebruik en nie ‘fotograaf’ nie.” Hy het daarop klem gelê dat die fotograaf eers moet weet wat die beoordelaar van die foto dink, terwille daarvan om selfvertroue by hom te bevorder.

Hy het na opmerkings soos ‘as jy dit of dat sou gedoen het, kon die foto beter gewees het’, verwys. “Die beoordelaar moet ook sorg dat hy die fotograaf se bedoeling met die foto verstaan en eers daarna kan tegniese probleme soos komposissie, beligting, kontras, diepte van veld, die kleurwiel, perspektief en andere uitgelig word. Hierdie onderskeie komponente van fotografie is volledig deur Clive beskryf, ingesluit tipiese vrae wat in al hierdie gevalle gevra kan word, sonder om afbreek aan die foto te doen.

“Hierdie aanbieding en handleiding moet slegs as ‘n basiese beginpunt gesien word,” het hy ter afsluiting gesê. Die belangrikste basiese vereistes vir die beoordelaar wat deur Clive beklemtoon is, is interpretasie (wat jy voel), ‘n kompliment (soek na iets waarvan jy in die foto hou), kritiek (iets wat maklik verander kan word) en vrae (leer by die kunstenaar). “Met hierdie aspekte kan afgeronde en eerlike kritiek gelewer word,” het Clive gesê. “Alleenlik dan kan die beoordelaar, asook die kunstenaar, deur die kritiek bevoordeel word.”

Lesers kan gerus van Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, www.gbpc.co.za, kennis neem. Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Hardus Botha

Beoordeling van fotos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles