Beoordeling van fotos

Beoordeling van fotos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms het weer eens uitstekende stof tot nadenke vir klublede opgelewer. Voorsitter Riaan Jacobs het die verwelkoming hanteer en ook na die volgende byeenkoms op 16 November 2015 verwys.

“Die tema sal Teksture & Patrone (Textures & Patterns) wees en die beoordelaars sal onder andere op die volgende let: beligting, komposissie, kreatiwiteit en ‘n storie wat agter dit skuil,” het hy gesê. Daarna het hy klublid Clive Bailey aan die woord gestel. Clive het ‘n uitstekende aanbieding oor kritiese beoordeling gelewer.

“Fotografie word as ‘n kuns beskryf en daarom kan daar nie vasgestelde reëls vir die beoordeling daarvan wees nie - slegs basiese riglyne,” het hy gesê. “Dit is belangrik om eerder die woord ‘kunstenaar’ te gebruik en nie ‘fotograaf’ nie.” Hy het daarop klem gelê dat die fotograaf eers moet weet wat die beoordelaar van die foto dink, terwille daarvan om selfvertroue by hom te bevorder.

Hy het na opmerkings soos ‘as jy dit of dat sou gedoen het, kon die foto beter gewees het’, verwys. “Die beoordelaar moet ook sorg dat hy die fotograaf se bedoeling met die foto verstaan en eers daarna kan tegniese probleme soos komposissie, beligting, kontras, diepte van veld, die kleurwiel, perspektief en andere uitgelig word. Hierdie onderskeie komponente van fotografie is volledig deur Clive beskryf, ingesluit tipiese vrae wat in al hierdie gevalle gevra kan word, sonder om afbreek aan die foto te doen.

“Hierdie aanbieding en handleiding moet slegs as ‘n basiese beginpunt gesien word,” het hy ter afsluiting gesê. Die belangrikste basiese vereistes vir die beoordelaar wat deur Clive beklemtoon is, is interpretasie (wat jy voel), ‘n kompliment (soek na iets waarvan jy in die foto hou), kritiek (iets wat maklik verander kan word) en vrae (leer by die kunstenaar). “Met hierdie aspekte kan afgeronde en eerlike kritiek gelewer word,” het Clive gesê. “Alleenlik dan kan die beoordelaar, asook die kunstenaar, deur die kritiek bevoordeel word.”

Lesers kan gerus van Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, www.gbpc.co.za, kennis neem. Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Hardus Botha

Beoordeling van fotos

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles