Skipjack, geelstert, kreef en dames

Skipjack, geelstert, kreef en dames

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geelstert en skipjacks is die goeie nuus! Dis wat velede week agter die Eiland aangekeer is. Dis nou te sê indien my inligting korrek is. Wat wel waar is is dat daar nie ‘n oorvloed was nie. Dit bly egter iets wat nie te versmaai is nie en hoekom kan dit nie weer gebeur nie? Die groot geheim is nog steeds dat jy daar moet wees om te deel in die vangs.

Met die aanbreek van die kreefseisoen die 15e van hierdie maand was die water nie ideaal nie en die manne wat besluit het dat dit nie die moeite loon om ‘n kreefpermit uit te neem nie moes gedink het die besluit was geregverdig. Daar is nog 18 dae oor en die kanse daar dat nog dae ongeskik gaan wees. Hierdie jaar is die kreefseisoen weer verkort en dis die sportduiker wat dit moet ontgeld. Dit bly egter ‘n voorreg om kreef uit te haal. Dis seker elkeen se keuse om te besluit of dit steeds die moeite werd is.

Nou die dames. Ek het die voorreg gehad om as deel van my “crew” ‘n dame of twee te hê. Wanneer jou bemanning vir ‘n tydperk slegs uit manne bestaan is dit nogal ‘n aanpassing om ‘n vrou deel daarvan te maak. Ek het egter nog nooit spyt gehad nie. Soos Naas Botha sê  --  kom ons wees eerlik! ‘n Man is ‘n man en ‘n vrou is ‘n vrou en as daar ‘n nood is word met die nodige respek aangepas en probleme oorkom. Baiemaal is dit juis die dame wat op die dag beter vaar en met van hul eienaardighede jou die loef afsteek. Goed soos ankertrek is nie ‘n vreeslike probleem nie en normaalweg word hulle kwytgeskeld hiervan. Daar is wel sekere goed waarop ek aandring. Een daarvan is wanneer enigeen ‘n vis vang, wie dit ookal is, daardie persoon self verantwoordelik is om die vis die boot in te bring en belangrik, die nek te breek. Daar word eers so bietjie skuins geloer maar wanneer daardie snoek op die dek beland is daar niemand trotser nie. En moenie volgende keer probeer inmeng nie! Dis vir my bietjie eienaardig dat die dames gewoonlik van ‘n lappie of handskoen gebruik maak om ‘n slymerige vis te hanteer, maar dis dalk beter, of hoe? Wat hengeltegniek betref staan hulle vir niemand terug nie en dit wys in die resultate. Daar word self met die aas gewerk, hoeke aangesit en planne gemaak.

O ja, gooi jou baadjie sommer so op ‘n plek en outomaties word hy opgevou!!

Maar dit gaan mos rof op die boot? Nee wat, elkeen van hulle kon so ver ‘n grap saam met die manne maak, maar juis omdat ons ‘n lekker klomp saam is en mekaar respekteer is daar altyd ‘n perk wat nie oorskry word nie.

Nee wat, daar’s nie fout met die dames nie.

Groete, Seemeeu

Skipjack, geelstert, kreef en dames

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles