“Jy kan die kwaliteit van ‘n gemeenskap beoordeel op die wyse waarop hulle gestremde kinders hanteer,” het Frits Strietman, Besturende Direkteur van die Children Fund Mammas gesê. “Sowat 35,000 Hollanders, gewone mense, dra maandeliks tot hierdie fonds by.”
Die groepie Hollanders het Gansbaai se Elimhuis vir gestremde kinders besoek en was baie beïndruk met die hantering daarvan. “Ons is buitengewoon beïndruk met wat in hierdie huis vir gestremde kinders gedoen word en wat alles bereik word,” het Frits gesê. Hy het ook gemeld dat die Hollanders by 28 projekte van hierdie aard betrokke is.
Met verwysing na die personeel se uitstekende werk met die kinders, nooi Joanne Swart van Elim belangstellendes uit om die Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) te besoek om hulself van die aktiwiteite te vergewis.
Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis kan Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.
Hardus Botha