ALLES! Ja, ALLES tot eer van GOD!

ALLES!  Ja, ALLES tot eer van GOD!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van GOD!” (1 Kor. 10:31) 

Het jy al ooit getwyfel of jy regtig die moeite werd is? Dalk het jy gewonder of jou gewone, oppervlakkige lewe ook iets beteken? Kan jy regtig vir GOD en Sy Koninkryk hier op aarde iets beteken? Wel, ek wil vandag vir jou uit GOD se Woord die versekering gee: Alles wat jy doen, alles wat jy is, ja alles word deur GOD bepaal. Ons moet nooit dink dat die gewone, alledaagse aspekte van die lewe nie deur GOD bepaal word nie. Net soveel as wat die dieper, heilige dinge deur Hom gebruik word om alles te laat uitwerk tot Sy voordeel van die Koninkryk, netso gebruik GOD jou vandag om daar waar jy woon en werk, ’n bydrae te lewer in Sy gróót plan!

Ai, ons is darem partykeer lekker ydel. Ons wil tog só graag belangrik wees. Ons wil só graag deur mense raakgesien word sodat hulle ons ook kan prys vir wat ons gedoen het, of nog erger, vir wat ons besit! Onthou net dat almal, ook ek en jy,  vir GOD belangrik is. Hy het nie jou verniet met Sy eie vingers geskape en jou op aarde op ’n spesifieke plek geplaas nie. (Ps. 139:13-16 – lees dit!) Daarom is dit belangrik om te besef dat jy in alles wat jy doen, alles wat jy sê, altyd dit tot eer van GOD moet doen.  Lees weer die teksvers hierbo uit 1 Korintiërs 10:31. Daar staan duidelik: Of jy eet of drink, of wat jy ook al doen, DOEN ALLES TOT EER VAN GOD!

Waarmee is jy nou besig? Waar bly jy? Wat lees jy? Wat eet julle vandag? Begin asseblief besef dat daar niks alledaags en gewoon vir GOD is nie.

Selfs die gewone dinge van die lewe soos eet en drink, loop en praat, is deur Hom ingestel. Alles het ’n doel. Jou stukkie brood wat jy het om te eet, is deur Sy liefde aan jou geskenk. Netso sal die brood wat jy vandag weggee aan iemand wat bedel of honger is, ’n Goddelike geskenk word in Sy Koninkryk. Begin om meer sensitief te leef in die dinge wat jy doen. Jy moet ook jou alledaagse lewe en dinge tot Sy eer begin gebruik. As jy weer verby iemand op straat loop wat moedeloos lyk, of sy oë neerslaan as hy by jou verbystap, groet hom vriendelik. Kyk mense in die oë en glimlag vir hulle. Jou alledaagse optrede kan iemand se hele dag en lewe verander. Wat jy doen, doen jy vir Jesus. Wat jy nalaat om te doen, het jy geweier om vir Jesus te doen. (Matteus 25:35-46)

Kom, laat ons begin om ALLES tot eer van GOD te doen!

ALLES!  Ja, ALLES tot eer van GOD!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles