Kerssangdienste betower

Kerssangdienste betower

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanjaar se betowerende NGK-Kerssang-diens is sommer in tweevoud aangebied. Eers was dit die Jeug- en Gesins Kerssangdiens op Sondag, 15 November wat vir die eerste keer aangebied is, met die kerkgebou wat pragtig deur hulself versier is. Hierdie was ‘n inisiatief van die NG Jeugkommissie onder leiding van Hannes Cilliers en die doel daarvan was om die jeug voluit te betrek. Pikkie Louw (orrelis) het ‘n puik program vir die jeug saamgestel.

Naas hartlike gemeentesang, was van die ander deelnemers Laerskool Okkie Smuts Marimba Orkes, Laerskool Gansbaai Junior- en Intersen Fase, Gansbaai NG Kerkkoor, Kleine Gansies, Fiona Fourie, Monet van Deventer en Alissa Coetzee, met Conrad Geldenhuys as knap program-aanbieder. Na afloop van die Kerssangdiens is daar gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal saamgekuier en verversings geniet.

(Jeugdiensfoto’s: Hennie Prinsloo en Maureen Voigt)

NGK Kerssangdiens

Hierdie jaarlikse Kerssangdiens onder leiding van Aletta Lochner op Sondag, 22 November in ‘n prag-versierde kerkgebou was weer eens ‘n belewenis om te kon bywoon. Die NG Kerkkoor met Aletta Lochner as koorleier en Annaline Reinke as orrel- en klavierbegeleier, se puik koorsang het soos altyd ‘n ware Christusfees atmosfeer geskep. Aletta was ook verantwoordelik vir die samestelling van ‘n uitstekende program. Jack White met sy bekende trompetgeskal het weer deelgeneem, asook Chris van Zyl met sy kitaar.

Die VGK Koor, asook die Blompark Mannekoor onder leiding van hul afrigter, Annelie Botha, het eweneens uitstekend met hul pragtige sang sonder enige begeleiding bygedra tot ‘n geestelike atmosfeer. Ds Willie Kotze het die voorlesings, hoofsaaklik op die Lukas Evangelie gebaseer, afwisselend saam met verruklike koor- en gemeentesang hanteer. Tydens die sing van “Met Middernag” en “Stille Nag” het etlike lidmate met brandende kerse in rooi houers na vore gestap, met altwee die kore se lede wat soortgelyke kerse opgesteek het. Met die ligte wat afgeskakel is, is opgemerk hoe vele trane stilweg afgevee word. Ook hier is die aand gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal met verversings afgesluit.   

Hardus Botha

Kerssangdienste betower

Hardus Botha / Collage Monica Hayes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles