Kerssangdienste betower

Kerssangdienste betower

Gansbaai Courant

Vanjaar se betowerende NGK-Kerssang-diens is sommer in tweevoud aangebied. Eers was dit die Jeug- en Gesins Kerssangdiens op Sondag, 15 November wat vir die eerste keer aangebied is, met die kerkgebou wat pragtig deur hulself versier is. Hierdie was ‘n inisiatief van die NG Jeugkommissie onder leiding van Hannes Cilliers en die doel daarvan was om die jeug voluit te betrek. Pikkie Louw (orrelis) het ‘n puik program vir die jeug saamgestel.

Naas hartlike gemeentesang, was van die ander deelnemers Laerskool Okkie Smuts Marimba Orkes, Laerskool Gansbaai Junior- en Intersen Fase, Gansbaai NG Kerkkoor, Kleine Gansies, Fiona Fourie, Monet van Deventer en Alissa Coetzee, met Conrad Geldenhuys as knap program-aanbieder. Na afloop van die Kerssangdiens is daar gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal saamgekuier en verversings geniet.

(Jeugdiensfoto’s: Hennie Prinsloo en Maureen Voigt)

NGK Kerssangdiens

Hierdie jaarlikse Kerssangdiens onder leiding van Aletta Lochner op Sondag, 22 November in ‘n prag-versierde kerkgebou was weer eens ‘n belewenis om te kon bywoon. Die NG Kerkkoor met Aletta Lochner as koorleier en Annaline Reinke as orrel- en klavierbegeleier, se puik koorsang het soos altyd ‘n ware Christusfees atmosfeer geskep. Aletta was ook verantwoordelik vir die samestelling van ‘n uitstekende program. Jack White met sy bekende trompetgeskal het weer deelgeneem, asook Chris van Zyl met sy kitaar.

Die VGK Koor, asook die Blompark Mannekoor onder leiding van hul afrigter, Annelie Botha, het eweneens uitstekend met hul pragtige sang sonder enige begeleiding bygedra tot ‘n geestelike atmosfeer. Ds Willie Kotze het die voorlesings, hoofsaaklik op die Lukas Evangelie gebaseer, afwisselend saam met verruklike koor- en gemeentesang hanteer. Tydens die sing van “Met Middernag” en “Stille Nag” het etlike lidmate met brandende kerse in rooi houers na vore gestap, met altwee die kore se lede wat soortgelyke kerse opgesteek het. Met die ligte wat afgeskakel is, is opgemerk hoe vele trane stilweg afgevee word. Ook hier is die aand gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal met verversings afgesluit.   

Hardus Botha

Kerssangdienste betower

Hardus Botha / Collage Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles