Terug na Bybel vir Oud en Jonk - Dis nou tyd!

Terug na Bybel vir Oud en Jonk - Dis nou tyd!

Gansbaai Courant

Dis tyd dat BYBELSKOLING op voetsoolvlak vir die omgewing van die Overstrand en –berg geloods word, volgens die wil van die HERE (Hebreeus: YAHWEH) wat deur Christen-gelowiges erken en aanbid word.

Meer en meer lyk dit asof daar te midde van die oorweldigende NOOD van die samelewing van  ons streek en land ‘n BERG van ONKUNDE bestaan oor wie die HERE is en oor wat Hy kan doen. Mense honger en dors na die WAARHEID van die Bybel  Dis die mening van dr AW Steenkamp (Bybelgids te Gansbaai), wat tans beleef dat die HERE hom DRING om hierdie soort  Bybelskoling te loods.

Gelowiges op voetsoolvlak moet saam met die leiers binne verskillende Christen-gemeentes INSPRAAK kry en BID oor die aard van Bybelskoling in hul streek.  Die HERE wil sien dat die volheid van die Evangelie, nl. die verheerlikte Jesus Christus gestalte aanneem in Sy kinders, sodat Hy in en deur hulle OORWINNEND kan DANS oor die berge van gebroke verhoudinge, ander probleme en moeilike omstandighede.

Reeds die afgelope 20 jaar, sedert die voltooiing van sy doktorale studie oor die bemagtiging van voetsoolvlak gelowiges en leke-leiers, DROOM dr Steenkamp oor ‘n tipe onverbonde Bybelskoling, wat elke weergeborene kan bedien met die Bybel.  Onverbonde Bybelskoling beteken dat geen kerkgenootskap en of kerkdoktrine die lees, verstaan en uitleef van die Bybel inperk nie.  Dr Steenkamp was as lektor in Bybelkunde en Teologie aan die Universiteit van Namibie (1985-1996) betrokke by die opleiding van onderwysers,pastore en ander gemeenteleiers.  Die bekende ds Riekert Botha, wat gereeld in die RSG-program, “Brekfis met Derrich” opgetree het, het destyds benadruk dat die woord BIBLE as’t ware kan verwys na “Basic Instruction Before Leaving Earth  Dis nogal ‘n mondvol!

‘n Sleutelwoord, wat nogal iets vertel van die DOEL van hierdie Bybelskoling is die Hebreeuse woord vir dienaar, nl. OBED:

O = Oorwinnende Ouderlinge van Overstrand en –berg;

B = Bybel se waarde en gesag;

E = Evangelie vir die Eindtye;

D = Diens aan die bree gemeenskap, Dansend oor berge.

Dis ook interessant dat die Bybelfiguur, Obed die seun is wat uit die huwelik tussen Boas (tipe van die hemelse Bruidegom) en Rut (tipe van hemelse Bruid) gebore is.  Obed was ook die oupa van koning Dawid, die sentrale figuur van die Ou Testament.  In die Nuwe Testament bring Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, die Hemelse Koninkryk as Evangelie wat mens geword het in ons midde.

Bybelskoling kan waarskynlik op verskeie vlakke en vir verskillende teikengroepe aangebied word.,bv.

 (1) Basiese van Bybellees (Stap deur die Vier Evangelies);

(2) Verdere vlak sal moontlik Dissipelskap-opleiding behels by wyse van tematiese studie van die Ses Beginsels  of Basiese Opdragte in navolging van Jesus (vergelyk o.a. Hebr 6:1-2);

(3) Gevorderde vlak vir Ouderlinge/Leiers se afronding; om hul te bemagtig om hul rol as Geestelike Vaders te vervul in hul gesinne, gemeentes en andere lewensterreine;

(4) Ander vlak is dalk nodig, waar misleiding/dwaling in die lig van die Bybel hanteer en selfs genesing van geestelike depressie en trauma mag gebeur.

Hierdie genoemde vlakke van Bybelskoling kan vervolgens dien as PRIKKELS vir samesprekings en gebed, wat allernoodsaaklik is alvorens Bybelskoling geloods kan word om die vele behoeftes van gelowiges omtrent die Bybel behoorlik en doeltreffend te kan bedien.  Die Bybelskoling sal waarskynlik informeel oor aande, naweke en vakansietye geskied.  Die FOKUS sal wees om die Bybel se waarde en gesag as WOORD van die  HERE by wyse van uitdagende ontdekkingstogte te onderstreep.  Voetsoolvlak gelowiges wil lees, verstaan en in GEHOORSAAMHEID DOEN, wat die Bybel o.l.v. die Heilige Gees OPENBAAR.   Terloops,die woord obed vorm  heel gepas die eerste vier letters van OBEDience!

Geen sertifikate, diplomas en grade sal ter sprake kom nie, want die deelnemers se HOOGSTE LOON sal wees om hul lewende Koning Jesus waarlik te KEN.  Geen betaling vir die skoling word in die vooruitsig gestel nie, want EENVOUD sal ‘n leuse wees, wat uitgeleef sal word in alle fasette van die skoling.  Hierdie Bybelskoling is dus ‘n groot STAP in die GELOOF!

Alle behoeftes van hierdie beweging van Bybelskoling word in gebed alleenlik aan die HERE as Vader en Voorsiener bekend gemaak.  Geen formele salaris word dus deur ‘n kerkgenootskap. –instansie, -organisasie of vaste donateur betaal aan enigeen nie. Ons wil glo dat net die HERE die geskikte donateurs sal oprig en daarom sal geeneen in hierdie Bybelskool-beweging mense nader vir donasies en/of fondse insamel nie.  Tog word reeds onderneem dat volle verantwoording oor finansies gedoen sal word teenoor almal wat bydra, saambid en bedien word.  Almal moet weet van die WONDERS, wat die HERE as Skepper van hemel en aarde kan doen. Hy sal in Sy Naam geen berg, wat die Bose en mens se sondige vlees opwerp, ontsien nie.  Intussen is ook‘n GEDRAGSKODE insake betrokkenheid by die Bybelskoling in die pyplyn.

Self dien dr Steenkamp reeds 18 jaar as onverbonde BYBELGIDS (met behulp van‘n span geestelik-kundige adviseurs) in die Overstrand en –berg omgewing.  Rig asb alle kommentaar en insette rakende bg. gegewens en voorstelle aan:

Dr AW Steenkamp, Posbus 1674 Gansbaai of e-pos aws.bybelgids@ gmail.com of skakel 082-6686512 vir samespreking/afsprake.

Terug na Bybel vir Oud en Jonk - Dis nou tyd!

Dr AW Steenkamp

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Meet Pretty: A Green Entrepreneur in Pearly Beach

Come along on a special trip with us and meet Pretty, a hardworking entrepreneur from Pearly Beach. 

Grootbos Foundation
Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Plant Learning, First Aid, and HIV Awareness

Here's what's been happening with our students.

Grootbos Foundation
Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Earth Rangers: Coastal Cleanup Initiative

Our Sports for Good program, Earth Rangers, is all about protecting our coastal areas. 

Grootbos Foundation
4 Signs It's Time to Move

4 Signs It's Time to Move

Here are four signs that it might be time to make a move.

News Hut May 2024

News Hut May 2024

We're thrilled to share updates, news, and highlights from The Computer Hut, your local internet service provider.

The Computer Hut
Draft Budget Meeting May 2024

Draft Budget Meeting May 2024

Catch up on the latest discussions and decisions made at the recent meeting of the Pearly Beach Ratepayers' Association. 

See All Articles