“Gaan gou ‘n paar geelbekke vang”

“Gaan gou ‘n paar geelbekke vang”

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Praat met ‘n ou Hardebaard en hy sê, “Jong, as dit nog in die ou tyd was en ek het nog my bootjie gehad, was hy al in die water en het ek sommer vandag al heelwat geelbek gehad  --  watter beter weer wil jy dan hê?” En ek moes met hom saamstem wat die weer betref. Maar wat hy eintlik wou sê is dat dit werk nie deesdae meer so nie. Daar is seker veronderstel om minder vis te wees en miskien is die veronderstelling korrek so wat is snaaks aan vandag?

Daar is nog Hardebaarde wat gereeld gaan vang en dis steeds die manne wat weet wat hulle doen en hoe jy die beste resultate behaal. Van ons vang al heel paar jaar in hierdie omgewing en kan seker met reg sê dat ons ons nie onkundig is nie, maar daar is ‘n verskil tussen kundig wees en al daardie jare se ondervinding en dis waar die ou Hardebaarde inkom. Self kan van ons ander terugdink aan die baie geelbek nie so vreeslik lank terug nie toe selfs die ouer vissers verbaas gestaan het oor die baie vis. En vergelyk gerus die kreef, selfs meer onlangs. Die regulasies het wel verander en natuurlik gaan jy nie soveel kans kry nie en ook minder vang. Maar vra maar die ouens wat wel die afgelope jare vir kreef gegaan het  --  daar ís minder!

 Moontlik moet ons so bietjie oor hedendaagse vangery uitwei. Eenvoudige vraag, wat vang ons deesdae? Ek dink die groter vraag gaan wees wannéér gaan ons die vis vang en ‘n nog groter vraag, watter tyd van die jaar? Mens kan nou terugsit en die laaste klompie jare neem en daarvolgens beoordeel wanneer wat behoort te byt en dan jou beplanning maak. Ons praat nou van geelbek, geelstert, hotties, roman, PW’s en dan nog al die ander soorte vis. En ek dink omtrent al vis wat al die jare steeds  dieselfde patroon gevolg het was  --  reg, kabeljou. Rofweg, so drie maande voor die jaareinde begin die kabeljou reeds tande wys en almal weet, kry die stokke gereed en sleep die amperbootjies nader. Hier by Desember is hulle steeds na aan die kant en hier by Februarie, Maart gaan soek jy hulle dieper in. Ek dink almal weet wat die kabeljou se storie is maar ek is nie so seker van die ander visse nie. Hier gaan jy maar moet staatmaak op die weer en ‘n oog op die almanak behoort te help. Wat hotties betref, kwepertyd (so Maart rond) kan jy maar seker wees loop daai ou vettes. Dis nou wanneer ‘n goedkoop rooster sy alie sommer gou sien!

Nou ja, ons lewe nie meer in die ou tyd nie en sal seker ook nooit meer so lekker kan vang nie, maar ons gaan nog see toe, geniet die tyd nog en as familie of vriende kom  --  kom ruik maar hoe lekker ruik die wêreld as die windjie die braaivissie se reukie so versprei!!

Groete, Seemeeu

“Gaan gou ‘n paar geelbekke vang”

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles