Stywe Lyne vir PB Hengelaars

Stywe Lyne vir PB Hengelaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was beslis Stywe Lyne vir die hengelaars van Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub tydens hulle voorlaaste hengelkompetisie vir 2015.

Van die wenners was: Morné van Tonder (1ste plek, swaarste sak vir die dag); Mario van der Westhuizen (2de plek, asook swaarste vis, kabeljou 5.4kg, vir die dag); Fanie Du Toit (Senior-wenner); Hanco Strydom (Junior-wenner); Francois Nortje (3de plek); Kingsley Green (4de plek); Denton Bauermeister (5de plek). “Na afloop van die inweeg en prysuitdeling is daar weer op tradisionele Pearly Beach styl heerlik saamgekuier tot laataand toe,” vertel Philip Fourie, kaptein.

Die nuwe komitee vir 2016 is ook tydens die klub se Algemene Jaarvergadering gekies: Philip Fourie (kaptein); Jeanette de Kock (sekretaris); Karen Hoogendijk (tesourier); Fanie du Toit (weegmeester); Ferdi Joubert (logistiek); Colleen de Kock (borge en funksies).

Nuwe lede, asook dames, seniors en juniors wat belangstel om by die Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub aan te sluit, kan gerus vir Philip Fourie by 076-069-6815 kontak. Borge wat sou belangstel om die klub te ondersteun kan hom ook kontak. Die klub se volgende kompetisie vind op 12 Desember plaas, met hulle prysuitdelingsfunksie op 19 Desember.

Hardus Botha

Stywe Lyne vir PB Hengelaars

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles