Dit was beslis Stywe Lyne vir die hengelaars van Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub tydens hulle voorlaaste hengelkompetisie vir 2015.
Van die wenners was: Morné van Tonder (1ste plek, swaarste sak vir die dag); Mario van der Westhuizen (2de plek, asook swaarste vis, kabeljou 5.4kg, vir die dag); Fanie Du Toit (Senior-wenner); Hanco Strydom (Junior-wenner); Francois Nortje (3de plek); Kingsley Green (4de plek); Denton Bauermeister (5de plek). “Na afloop van die inweeg en prysuitdeling is daar weer op tradisionele Pearly Beach styl heerlik saamgekuier tot laataand toe,” vertel Philip Fourie, kaptein.
Die nuwe komitee vir 2016 is ook tydens die klub se Algemene Jaarvergadering gekies: Philip Fourie (kaptein); Jeanette de Kock (sekretaris); Karen Hoogendijk (tesourier); Fanie du Toit (weegmeester); Ferdi Joubert (logistiek); Colleen de Kock (borge en funksies).
Nuwe lede, asook dames, seniors en juniors wat belangstel om by die Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub aan te sluit, kan gerus vir Philip Fourie by 076-069-6815 kontak. Borge wat sou belangstel om die klub te ondersteun kan hom ook kontak. Die klub se volgende kompetisie vind op 12 Desember plaas, met hulle prysuitdelingsfunksie op 19 Desember.
Hardus Botha