Die Birkenhead Boothengelklub se trotse Boothengelaars Kampioene vir 2015 het onlangs tydens ‘n prestige funksie in die klubsaal hul sowat 16 trofeë en sertifikate ontvang.
Die Boothengelaar van die Jaar was weer eens Johan Burmeister: Algehele Kampioen (Van Deyl- en Mariner Marine trofeë), Algehele Visvangkampioen (60.5kg) en Algehele Bootkampioen (Nu Nu - 57.23kg), plus enkele ander trofeë en sertifikate.
Die 2de Algehele Bootkampioen is Ben Uys (Oupa - 30.65kg), met Philip Fourie as 2de Algehele Visvangkampioen (56.85kg). Vanjaar se Algehele Dames Visvangkampioen (19.75kg) was Dixi Walsh en die Algehele Junior Visvangkampioen (33.45kg) is JP Uys, met Hennie Groenewald in die 2de plek. JP Uys se gewig sou hom onder die seniors 7de van 21 deelnemers geplaas het, wat ‘n uitmuntende prestasie vir JP is. Etlike ander trofeë en sertifikate is met groot trots ontvang en die boothengelaars begin reeds op 5 Desember met 2016 se eerste boothengelkompetisie vir volgende jaar se toekennings.
(Foto’s: Anita Botha en Thys Fourie)
Hardus Botha