BBK Hengelaars vd Jaar

BBK Hengelaars vd Jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub se trotse Boothengelaars Kampioene vir 2015 het onlangs tydens ‘n prestige funksie in die klubsaal hul sowat 16 trofeë en sertifikate ontvang.

Die Boothengelaar van die Jaar was weer eens Johan Burmeister: Algehele Kampioen (Van Deyl- en Mariner Marine trofeë), Algehele Visvangkampioen (60.5kg) en Algehele Bootkampioen (Nu Nu - 57.23kg), plus enkele ander trofeë en sertifikate.

Die 2de Algehele Bootkampioen is Ben Uys (Oupa - 30.65kg), met Philip Fourie as 2de Algehele Visvangkampioen (56.85kg). Vanjaar se Algehele Dames Visvangkampioen (19.75kg) was Dixi Walsh en die Algehele Junior Visvangkampioen (33.45kg) is JP Uys, met Hennie Groenewald in die 2de plek. JP Uys se gewig sou hom onder die seniors 7de van 21 deelnemers geplaas het, wat ‘n uitmuntende prestasie vir JP is. Etlike ander trofeë en sertifikate is met groot trots ontvang en die boothengelaars begin reeds op 5 Desember met 2016 se eerste boothengelkompetisie vir volgende jaar se toekennings.

(Foto’s: Anita Botha en Thys Fourie)

Hardus Botha

BBK Hengelaars vd Jaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles