Nuwe Vere vir Strandveld Museum

Die eilandhuisie in Franskraal wat tans die Strandveld Museum huisves, het onlangs 'n gedaanteverwisseling ondergaan. 

Die gebou is totaal nuut met die toestemming van die Munisipaliteit Overstrand oorgeverf en Willem Opperman van Wilkoo Marketing (verspreiders van Neutron, Prominet en Top Paint verwe in die Overstrand) het al die materiaal en arbeid wat benodig was, geskenk.  Die waarde van die skenking is aansienlik.

Pieter Reuvers was die inisieerder van die projek en die verwer was Koos Pretorius van Verfnet.

Die munisipaliteit en die huurders van die gebou het groot waardering vir die inisiatief wat geneem is om 'n bydrae te maak aan die bevordering van die algemene voorkoms van ons dorp.

Gansbaai Nuwe Vere vir Strandveld Museum_1