Gansbaai Marine se jaarlikse “Omgee” het lankal reeds ‘n instelling geword. Gelukkige plaaslike instansies en skole word na ‘n spesiale oorhan-digings-seremonie genooi om te deel in Gansbaai Marine se “oop beursie” aan die einde van elke jaar. Hennie Ritter, reken-meester, het die oorhandigings namens die Besturende Direkteur, André Coetzee waar-geneem. ‘n Interessante en in-siggewende video oor Gansbaai Marine se werksaamhede is vertoon, met ‘n “yslike” koek en drinkgoed wat geniet is.
Vanjaar is R142,000 aan die volgende 8 instansies (verteenwoordigers in hakkies), oorhandig (alfabeties): De Kleine Gansies Kleuterskool (Lanita Marais); Gansbaai Academia (Gericke van Eck); Gansbaai Primêr (Tommy Volkwyn); Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (John van Rooyen); Laerskool Die Bron (Lionel Pedro); Laerskool Gansbaai (Eben van der Merwe); Masakhane Primary School (Mdini Maxwell); Silwerjare Dienssentrum (Magrieta Adams). John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See, het “as die skool met die oudste leerders”, almal se opregte waardering aan Gansbaai Marine oorgedra.
“Daar bestaan groot dankbaarheid onder ons vir hierdie jaarlikse ondersteuning midde moeilike ekonomiese toestande waarin nie-winsgewende organisasies en skole dit moeilik vind om hul begrotings te laat klop,” het John gesê.
Hardus Botha