Gansbaai Marine se Omgee

Gansbaai Marine se Omgee

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Marine se jaarlikse “Omgee” het lankal reeds ‘n instelling geword. Gelukkige plaaslike instansies en skole word na ‘n spesiale oorhan-digings-seremonie genooi om te deel in Gansbaai Marine se “oop beursie” aan die einde van elke jaar. Hennie Ritter, reken-meester, het die oorhandigings namens die Besturende Direkteur, André Coetzee waar-geneem. ‘n Interessante en in-siggewende video oor Gansbaai Marine se werksaamhede is vertoon, met ‘n “yslike” koek en drinkgoed wat geniet is.

Vanjaar is R142,000 aan die volgende 8 instansies (verteenwoordigers in hakkies), oorhandig (alfabeties): De Kleine Gansies Kleuterskool (Lanita Marais); Gansbaai Academia (Gericke van Eck); Gansbaai Primêr (Tommy Volkwyn); Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (John van Rooyen); Laerskool Die Bron (Lionel Pedro); Laerskool Gansbaai (Eben van der Merwe); Masakhane Primary School (Mdini Maxwell); Silwerjare Dienssentrum (Magrieta Adams). John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See, het “as die skool met die oudste leerders”, almal se opregte waardering aan Gansbaai Marine oorgedra.

“Daar bestaan groot dankbaarheid onder ons vir hierdie jaarlikse ondersteuning midde moeilike ekonomiese toestande waarin nie-winsgewende organisasies en skole dit moeilik vind om hul begrotings te laat klop,” het John gesê.

Hardus Botha

Gansbaai Marine se Omgee

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles