Gelukkige werknemers

Gelukkige werknemers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Marine in Gansbaai hawe is reeds vir etlike jare bekend vir tevrede en gelukkige werknemers, anders sal daar nie jaarliks sertifikate vir etlike jare diens oorhandig word nie.

Vanjaar se oorhandigings is deur Neville Titus, direkteur waargeneem, met Hennie Ritter, rekenmeester wat hom ondersteun het.

Die volgende pragtige geraamde langdienssertifikate is aan 9 werknemers oorhan-dig, wat die stelling van gelukkige en tevrede personeel bevestig: 25 jaar diens - Elizabeth Sauls en Lorna Damon; 10 jaar diens - Dina Constince, Joanie Fortuin, Le Andra Claassen, Macro Sauls, Melvin Tobias, Nosintu Nacongolo en Quinton Sauls.

Gansbaai Marine vervaardig ingemaakte vis en produseer ook vismeel en visolie. Die maatskappy is ‘n groot werkverskaffer in die Overbergstreek, met 475 werkers en 80 aktiewe vissermanne by Gansbaai Pelagies Vissers Beperk wat help met die vang van pelagiese vis. Die maatskappy lewer ook ‘n belangrike bydrae tot die plaaslike ekonomie en hawe-gebied self. In die 2014 finansiële boekjaar het Gansbaai Marine R47, 4m aan werknemers en vissermanne aan salarisse en lone uitbetaal, R29,2m aan Gansbaai besighede en R3,9m aan die Munisipaliteit.

Ná die oorhandigings van langdienssertifikate is die groep getroue werknemers met verversings bederf, waarna hulle weer met hul daaglikse werk voortgegaan het, hopelik vir ‘n verdere 10 jaar en 25 jaar.

Hardus Botha

Gelukkige werknemers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles