Singende afsluiting

Singende afsluiting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai NG Kerkkoor het hul jaarafsluiting soos gewoonlik al singende en gevul met humor en gesellige samesyn afgesluit. Die voorsitter, ds Stoney Coetzee het etlike bedankings, met spesiale verwysing na Alette Lochner (koorleier) en Annelene Reinke (begeleier - klavier en orrel), voorgehou en ook blyke van waarderings aan enkele lede oorhandig. Hennie Lochner het ‘n bos van 12 rooi rose, “een vir elke maand”, aan Aletta oorhandig.

Die groep het gesellig saamgekuier, met Annelene wat na ete haar trekklavier uitgehaal het vir ‘n koorafsluiting in eie reg! Sedert ek in 2006/2007 met die Gansbaai NG Kerkkoor kennis gemaak het, sing daar al sewe van ons lede in die hemelse kore,” vertel Aletta. “Aangesien elke koorlid uniek is en ‘n spesiale plekkie in die koor het, was hulle heengaan ‘n verandering en aanpassing vir die res van die koor.” Aletta sê iemand het op ‘n keer gesê “net die goeie mense sing”, maar sy verander dit na “sing maak jou ‘n beter mens”.

“Sing dan met die stem wat die Vader aan jou gegee het, al is dit effens ‘bo’ of ‘onder’ die noot, Hy sal nie omgee nie.” Maar sy voeg by dat, indien dit wel ‘op’ die noot is, kan nuwe lede volgende jaar gerus by hulle aansluit. “Ons vorm só ‘n hegte familie in die koor wat mekaar se laste help dra, maar ook só vol humorsin – amper te veel van laasgenoemde!” sê Aletta. “As dit moontlik is, hou ‘n lied in jou hart, ook vir die Kersgety en die Nuwe Jaar.”

Hardus Botha

Singende afsluiting

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles