Birkenheaders prestige afsluiting

Birkenheaders prestige afsluiting

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub het weer eens vir ‘n prestige jaarafsluiting gesorg. Die hoogtepunt is natuurlik die trotse boothengelaar-wenners wat met trofeë en sertifikate beloon is. (Gansbaai Courant, Donderdag, 26 November 2015). Maar veel meer steek in die funksie as net prysoorhandigings.

Dit is jaarliks ‘n prestige geleentheid wat met gesellige saamkuier en ‘n dans gepaardgaan, met ‘n ete vanuit die boonste rakke en Jan Lourens wat die Musiekfabriek byna laat “oorwerk” het. Daar is jaarliks ook enkele ander trofee-wenners. Lorraine Fourie (sekretaris) is vir haar onbaatsugtige werk met die Raymond Rabe Voorsit-terstrofee vir Verdienstelikheid beloon. Lede John en Tollie Thompson is vereer as die paartjie met die beste sosiale bydrae tydens funksies. Herman Taljaardt het ‘n bottel whisky ontvang vir sy gereelde instaan in die kroeg tydens die kroegman se afwesigheid, met sy eggenote, Maureen, wat blomme ontvang het. Dan is daar ook uitgesien na die trekking van lootjies wat gedurende die jaar vir ‘n yslike 5ltr bottel rooiwyn verkoop is.

Roza Rabe was die wenner, maar het die bottel teruggeskenk om opgeveil te word. Ben Uys het as afslaer opgetree en die bod is op Leon Engkle vir R2,000 toegeslaan. Die bottel was ‘n aanvanklike geskenk deur Johan En Suzette Wiese wat dit sowat 10 jaar gelede by ‘n vriend in Stellenbosch gekry het.

Die klub se Algemene Jaarvergadering is die voorafgaande aand gehou, met die bestuur wat bykans onveranderd gebly het: Philip Fourie (voorsitter), Manie van Dyk (ondervoorsitter), Lorraine Fourie (sekretaris), Johan Wiese (tesourier/kroeg), Jean Downing (veiligheidsbeampte/wedstrydsekretaris), Hardus Botha (skakelbeampte/Redakteur Die Tekkel-Boks) en Steve Muller (instandhoudingsbeampte).

Die eerste boothengelkompetisie vir 2016 vind reeds op Saterdag, 5 Desember 2015 plaas en Jean Downing kan vir navrae by 076-840-3393 geskakel word. (Foto’s: Anita Botha, Thys Fourie en Herman Taljaardt)

Hardus Botha

Birkenheaders prestige afsluiting

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles