Beaumont se wyne

Beaumont se wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se Erhardt Roothman, voorheen ‘n professionele kundige te Jonkheer Wynkelder, maar tans ‘n gewaardeerde lid van die klub, was verantwoordelik vir ‘n puik wynproe-aand in die Great White House, Kleinbaai.

Voorsitter Theuns Roodman het die verwelkoming hanteer en vir Erhardt aan die woord gestel. Die wyne van Beaumont Wynkelder wat hy op sy unieke manier te proe aangebied het, is Beaumont se Chenin Blanc (2015), Hope Marguerite (Chenin Blanc - 2014), Pinotage (2013), Shiraz/Mourvédre (2012), Petit Verdot (2013) en Goutte D’Or (Chenin Blanc NLH - 2014). Die lede en gaste was beïndruk en die puntetoekennings het daarvan getuig.

Beaumont is ‘n familie-wynkelder in die hartjie van Botrivier, oorspronklik bekend as “Botter Rivier”. Na afloop van die oorhandiging en ‘n smaaklike ete tussen die wynproeëry deur, het Anne-Maré de Witt die gebruiklike blyk van waardering aan Erhardt oorhandig - ‘n Gansbaai Wynproegilde Voorskot, wat nou sommer ‘n volwaardige klublid van Erhardt maak.  

Gansbaai Wynproegilde is op Dinsdag, 11 November 2008, sowat 7 jaar gelede deur wyle Helmie de Vries in Franskraal gestig. Helmie was die voormalige Algemene Bestuurder van die familie-wynkelder, Koelenhof Wynkelder naby Stellenbosch, waar hy gebore en getoeë is. Na afloop van Gansbaai Wynproegilde se jaarafsluiting op 3 Desember 2015 sal die klublede ook tot ruste kom vir die Kersseisoen, maar sekerlik nie die matige gebruik van goeie plaaslike wyne nie.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Beaumont se wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles