Fotograwe gaan ook rus

Fotograwe gaan ook rus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se fotograwe gaan ook rus, maar hopelik nie hulle kameras nie. Daarvoor is daar nog te veel wat gedurende Desember op hulle wag: Kersliggies aanskakeling, Kersmark, Kersdag, Ou- en Nuwejaarsdag en vele feestelike gebeure gedurende die feesseisoen wat die kameras sal laat aanhou flits. Nietemin, die klub het onlangs hul jaarafsluitingsfunksie te Groeneweide in die vorm van ‘n gesellige bring-en-braai gehou.

Daar is gesellig saamgebraai en gekuier met die eienaars wat seker gemaak het almal geniet dit terdeë by hulle netjiese en goed ingerigte restaurant- en buite-area te Groeneweide. Voorsitter Riaan Jacobs het die lede vir hul goeie samewerking gedurende die jaar bedank en ook enkele blyke van waarderings oorhandig: Deon en Linda Kloppers vir die gebruik van o.m.G.e.e. Bedieninge se lokaal en Hardus Botha (Gansbaai Courant) vir gereelde beriggewing.

‘n Baie spesiale oorhandiging is aan Veronica du Plessis gemaak vir haar onbaatsugtige ywer waarmee sy etlike klubsake gedurende die jaar behartig het. “Sy is die een wat eintlik al my werk as voorsitter gedoen het,” het Riaan gesê. Veronica en haar eggenoot, Marc was ook verantwoordelik vir die netjies-versierde tafels waarby die lede kon aansit.

Lesers kan gerus van Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, www.gbpc.co.za, kennis neem.

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.

(Foto’s: Jane Bailey)

Hardus Botha

Fotograwe gaan ook rus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles