Kersmark om die draai

Kersmark om die draai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NG-gemeente van Gansbaai se jaarlikse Kersmark open op Donderdag, 10 Desember 2015 om 09:00 in die Pretoriussaal. Dit sal daagliks, uitgesluit Sondae, vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees. Op die Vrydagaande van 11 en 18 Desember sal dit tot 20:00 oop wees sodat ‘n aandmark geniet kan word. Gansbaai Courant se Dagboek kan vir die presiese tye geraadpleeg word.

Vanjaar se tema vir die mark is Gansbaai en omgewing se blomme en fynbos, asook ‘n pragtige kwilt van Olga Swanepoel en haar span as fokuspunt teen die agterkant van die verhoog. “Ons poog jaarliks om enkele nuwe uitstallers die geleentheid te bied en vertrou dat daar iets na elkeen se voorkeure te koop aangebied sal word,” sê Linda Cilliers, organiseerder saam met haar eggenoot, Thys.

Francia van Dyk en haar span sal weer vir die restaurant verantwoordelik en vanjaar se restaurant-winste gaan aan Gansbaai Maatskaplike Dienste vir die kostes van hulle Administratiewe Beampte. Naas vele stalletjie-items wat as die ideale Kersgeskenke aangekoop kan word, sal daar ook meer as genoeg lekkernye soos smaaklike etes, nagereg, koek, tert, drinkgoed en veel meer op die verhoog-restaurant aangebied word. 

“Wees verseker van ‘n klompie genotvolle en interessante inkopie dae - kom loer gewis in en niemand sal teleurgesteld huiswaarts keer nie,” sê Francia. Navrae kan aan die NGK se kerkkantore by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Kersmark om die draai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles