Silwerjare Kersete

Silwerjare Kersete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was weer dié tyd van die jaar wat die NG Vrouediens se Uitreikaksie onder leiding van Elcine Hulme vir ‘n gesellige Kersete vir Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum gesorg het. Hierdie jaarlikse optrede van hulle sorg telkens vir groot opgewondenheid waarna die bejaardes uitsien.

Vanjaar het hulle vir Lynette van Wyk betrek met ‘n groepie van 4 volwassenes en 4 kinders wat geestelike danspassies opgevoer het. “Ons het positiewe kommentaar hieroor ontvang, veral met verwysing na die kindertjies se optrede wat baie deur die bejaardes geniet is,” vertel Elcine. Selfs Jack White het met sy bekende trompet opgedaag, wat eweneens as iets nuuts ervaar is. Die saal was pragtig versier en sowat 80 mense is gesellig met ‘n volle ete en nagereg onthaal.

Vir die spreekwoordelike kersie op die koek, is verleidelike sjokolade aan die bejaardes uitgedeel - en snaaks genoeg het niemand dit as gevolg van “suiker- of ander probleempies” van die hand gewys nie! Elcine sê die Kersete het net soos in die verlede baie goed verloop en is terdeë deur almal geniet, met spesifieke verwysing na 2 Oak Grove “tannies” wat hul dankbaarheid nie genoeg kon beklemtoon nie. (Foto’s: Johan Hulme)

Hardus Botha

Silwerjare Kersete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles