Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie groot nuus dat die kabeljou nou loop en dat ‘n amperbootjie die antwoord is nie en ook die bedryf daarvan is nie meer vreemd nie. Ek moet tog hierdie rubriek begin deur te verwys na die baie vis wat die afgelope paar dae gevang is. Ek dink oor ‘n wye gebied is daar behoorlik baljaar onder die visse, die sterk wind ten spyte. Ek sal graag  vir Len Lawson  (besoeker van die Kaap) aan die woord wil stel wat, hoewel hy ‘n ou en baie bedrewe hengelaar is, vir die eerste keer met ‘n amperbootjie see toe is en kon spog met ‘n paar mooi kabeljou. Kom ons hoor wat hy te sê het.

“Ek is daaraan gewoond om met ‘n groter boot die see aan te durf maar toe skipper Jacques Haasbroek my vra of ek hom wil vergesel op sy nuwe bootjie van 3,2 meter het ek onmiddellik ja gesê want ek het besef hier is nou pêrre! Ons is Saterdag om 4-uur die oggend weg Platjieskraal toe en ongelukkig was ons nie baie suksesvol nie, hoewel ons darem een maat vis gevang het. Die baie kleintjies het ons gewilliglik teruggeplaas. Die volgende keer is ons vort, weer om 4-uur, maar dié keer na Holbaai. Hierdie keer het die amperbootjie meer gemaklik gevoel en die effense wankelrigheid was vergete --  dalk as gevolg van die mooi kabeljou wat begin gesig wys het. Die vaalwater het sewe mooi visse opgelewer waarvan die grootste in die omgewing van vyf kilogram was. Weer eens is die kleintjies teruggeplaas om groter te word vir ‘n volgende geleentheid. In ag genome dat ons hengeltyd gestrek het vanaf ongeveer 5-uur die oggend tot so 8-30 was die drie en ‘n half uur heel produktief. Bowendien het  van die grotes weggekom.  Die hele episode was vir my ‘n baie aangename ondervinding wat ek beslis weer sal meemaak. Dit is vir my egter ‘n voorvereiste dat die skipper van so ‘n bootjie sy storie moet ken aangesien seetoestande eerbiedig moet word en met ‘n amperbootjie ekstra sorg aan die dag gelê moet word.

Dit is gebiedend noodsaaklik dat nie onverskillig opgetree moet word nie en veiligheid altyd ‘n voorvereiste sal bly. Hierdie was ‘n nuwe storie vir my wat vir ‘n eerste ondervinding altyd sal uitstaan.”

Daar is ook vis ingebring vanaf Blousloep en Haaibank by Franskraal, Soetfontein en sommer ‘n paar ander plekke. Oral plekke waar ‘n amperbootjie gedy.

Groete, Seemeeu

Eerste ondervinding op ‘n amperbootjie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles