Die gereelde perde-uithouwedrenne in Elim se omgewing is ‘n sport waarvan min in Gansbaai van gehoor word. Die onlangse wedren het op 20 en 21 November vanjaar plaasgevind. Sowat 28 perde en hul ruiters het deelgeneem en afstande van 40km, 80km en 120km is gedurende die twee dae afgelê - wat op sigself spreek van uithouvermoeëns vir die perde en ruiters in baie nat toestande as gevolg van die reënweer.
Suzette Reineke van De Kelders, wat ook ‘n bekende by die Wacky Whalers Kwiltgroep is, se swaer, Nico du Bois van Oudtshoorn, het baie goed in die 80km wedren gevaar. Suzette en haar suster, Adamia het die wedrenne ook bygewoon. Nico se perd, Latief is as wenner van die 80km rit gekroon, met sy ruiter, Kieth Aychen (19) op die perd se rug en ‘n goeie tyd van 3:55:43 is opgestel. Latief het ook die prys vir die bes-voorbereide perd ontvang wat eweneens ‘n goeie prestasie is. Die wenner van die 120km rit was die perd Chapmar Victor van Nico-Meyer le Roux, ook van Oudtshoord en waarvan hyself die ruiter was. Sy goeie tyd wat hy opgestel het was 6:26:21. Dus het Oudtshoorn baie goed met die wedrenne gevaar. Te oordeel aan inligting ingewin, is hierdie soort van perde wedrenne nie speletjies nie en verg dit uithouvermoeë tot die uiterste van perd en ruiter.
(Foto: Suzette Reinecke)
Hardus Botha