Laaste hengel vir OB Kushengel

Laaste hengel vir OB Kushengel

Gansbaai Courant

 “Die jaar spoed einde se kant toe, so was dit dan ook Saterdag die laaste hengelkompetisie van 2015 vir die Overberg Kushengelklub, asook ons jaareindfunksie,” vertel Elba Tredoux van die klub.

“Die wenners van die dag was Oubaas Lesch met ‘n prag van ‘n kabeljou van 8.57kg, met Johan van Romburgh en sy mooi wildeperd in die tweede plek."

Elba sê die prysuitdelings voor ‘n gesellige braai was ‘n regte spoggeleentheid vir die Klub. Die Klubvoorsitter, Frans Claassen, het die volgende bedankings gedoen voor die uitdeel van die pryse: Hennie en Deon van Kriel Bouers (Manne sonner Vanne) vir die oorvloed van vleis vir die aand; Al die dames wat lieflike slaaie voorberei het, asook Jeanette vir haar heerlike broodrolletjies; Leibrandt van Niekerk, die ou staatmaker, vir al die logistieke reëlings en ekstra werk; Andre en Jurie, die bekwame braaimanne; Duineveld Pub (Suretha) vir die fasiliteite en kroeg; Overberg Makelaars vir die druk van sertifikate; Maynard van Niekerd, waarsonder die klub nie dieselfde sal wees nie; Borge - Fish Fever, Buitesteen, Liquor Land, Gansbaai Car Wash, Gansbaai Apteek en Gansbaai Elektries. “Die klublede bedank ook graag hulle voorsitter, Frans Claassen vir sy werk agter die skerms en sy kennis en leiding waarsonder die klub nie dieselfde sal wees nie,” sê Elba.

Die Klubwenners vir die jaar was as volg: Grootste galjoen (2kg) - Morné Olivier; Grootste steenbras (5.92kg) - Stephan Aslin; Grootste kabeljou (8.57kg) - Oubaas Lesch; Voorsitterstrofee - Maynard van Niekerk (Snr). Klubrekords vir die jaar is Henry Smit - Hottentot (1.3kg); Johan van Romburgh - Wit stompneus (680g); Oubaas Lesch - Kabeljou (8.57kg), asook die grootste massa vir die jaar, ‘n hele 28.79kg. “Die Klub het pas sy 3de bestaansjaar gevier, met die 2de lid wat tot Klub 50 (meer as 50kg oor 3jr periode) toegelaat is, te wete Morne Olivier.” Die eerste lid wat tot Klub 100 toegelaat is, is die baie hardwerkende hengelaar Oubaas Lesch.

Die 6 topposisies vir die jaar is die volgende: 1ste - Oubaas Lesch as Klubkampioen; 2de - Morné Olivier as Reserwekampioen; 3de - Mico Swart; 4de - Henry Smit; 5de - Johan van Romburgh; 6de - Sihan Toua. “Mag alle hengelaars ‘n goeie nuwe seisoen binnegaan en heerlik rus saam met hul families - langs die viswaters of elders (langs die see),” sê Elba.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Laaste hengel vir OB Kushengel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Property Prices Under Pressure: Invest Now

Property Prices Under Pressure: Invest Now

The long run of higher interest rates has put pressure on property prices.

Clothing Donation from Komtessa

Clothing Donation from Komtessa

Thanks to Komtessa's kindness, we've received a bunch of new clothes for our residents.

Herberg aan See
Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.

Gans-Berg Nuus / News
Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

The Grootbos Foundation is running our 'Call of the Wildlife' campaign, and we're asking nature lovers like you to pitch in.

Grootbos Foundation
Leopard Footage in Gansbaai

Leopard Footage in Gansbaai

In last month's camera trap download, we captured footage of not just one, but four different leopards.

Grootbos Foundation
Bosch Kitchen Appliances

Bosch Kitchen Appliances

Upgrade your kitchen with Bosch home appliances.

S Herholdt
See All Articles