Laaste hengel vir OB Kushengel

Laaste hengel vir OB Kushengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die jaar spoed einde se kant toe, so was dit dan ook Saterdag die laaste hengelkompetisie van 2015 vir die Overberg Kushengelklub, asook ons jaareindfunksie,” vertel Elba Tredoux van die klub.

“Die wenners van die dag was Oubaas Lesch met ‘n prag van ‘n kabeljou van 8.57kg, met Johan van Romburgh en sy mooi wildeperd in die tweede plek."

Elba sê die prysuitdelings voor ‘n gesellige braai was ‘n regte spoggeleentheid vir die Klub. Die Klubvoorsitter, Frans Claassen, het die volgende bedankings gedoen voor die uitdeel van die pryse: Hennie en Deon van Kriel Bouers (Manne sonner Vanne) vir die oorvloed van vleis vir die aand; Al die dames wat lieflike slaaie voorberei het, asook Jeanette vir haar heerlike broodrolletjies; Leibrandt van Niekerk, die ou staatmaker, vir al die logistieke reëlings en ekstra werk; Andre en Jurie, die bekwame braaimanne; Duineveld Pub (Suretha) vir die fasiliteite en kroeg; Overberg Makelaars vir die druk van sertifikate; Maynard van Niekerd, waarsonder die klub nie dieselfde sal wees nie; Borge - Fish Fever, Buitesteen, Liquor Land, Gansbaai Car Wash, Gansbaai Apteek en Gansbaai Elektries. “Die klublede bedank ook graag hulle voorsitter, Frans Claassen vir sy werk agter die skerms en sy kennis en leiding waarsonder die klub nie dieselfde sal wees nie,” sê Elba.

Die Klubwenners vir die jaar was as volg: Grootste galjoen (2kg) - Morné Olivier; Grootste steenbras (5.92kg) - Stephan Aslin; Grootste kabeljou (8.57kg) - Oubaas Lesch; Voorsitterstrofee - Maynard van Niekerk (Snr). Klubrekords vir die jaar is Henry Smit - Hottentot (1.3kg); Johan van Romburgh - Wit stompneus (680g); Oubaas Lesch - Kabeljou (8.57kg), asook die grootste massa vir die jaar, ‘n hele 28.79kg. “Die Klub het pas sy 3de bestaansjaar gevier, met die 2de lid wat tot Klub 50 (meer as 50kg oor 3jr periode) toegelaat is, te wete Morne Olivier.” Die eerste lid wat tot Klub 100 toegelaat is, is die baie hardwerkende hengelaar Oubaas Lesch.

Die 6 topposisies vir die jaar is die volgende: 1ste - Oubaas Lesch as Klubkampioen; 2de - Morné Olivier as Reserwekampioen; 3de - Mico Swart; 4de - Henry Smit; 5de - Johan van Romburgh; 6de - Sihan Toua. “Mag alle hengelaars ‘n goeie nuwe seisoen binnegaan en heerlik rus saam met hul families - langs die viswaters of elders (langs die see),” sê Elba.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Laaste hengel vir OB Kushengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles