Genade op genade!

Genade op genade!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“...ek het geleer om vergenoeg (tevrede) te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.....

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:11-13)

Toets gou hierdie vraag in jou lewe: Sê nou net dat die enigste geskenk wat GOD aan jou wou gee, die genade is wat jou red. Sou jy tevrede wees? Jy smeek Hom om jou kind se lewe te red. Jy pleit by GOD dat jou besigheid moet oorleef. Jy bid en vra dat die kanker in jou liggaam moet verdwyn.

Wat daarvan as Hy net antwoord met:  “My genade is vir jou genoeg!”? Sal jy tevrede wees? Wel, Paulus moes maar, want al smeek Hy GOD drie keer dat die doring uit Sy liggaam verwyder moet word, sê GOD net vir hom: “My genade is vir jou genoeg!” (2 Kor. 12:9)

Jy sien, my vriend, vriendin, vanuit ’n hemelse perspektief is genade genoeg. As GOD dan nou niks anders gedoen het as om ons van die helse dood te red nie, wie kan dan kla?.....Kan jy oor enigiets ontevrede wees as jy weet jy het die ewige lewe uit GOD se genade ontvang? Hoe durf ons dan kla oor pyn in ons liggaam? As ons dan die hemelse rykdom het hoekom dan kla oor aardse tekorte en armoede? As ons weet ons het ’n woonplek in die hemel – kan ons dan nie maar afstand doen van die reg om op aarde die mooiste en beste huis te hê nie?

As jy nou die voorreg het om hierdie artikel te lees, hande om die Courant vas te hou, die paar rand om ’n brood te koop...wat meer wil jy van GOD hê? Dit beteken mos dat jy alreeds genade op genade ontvang het!  Kom ons probeer om hierdie Kerstyd tevrede te wees met wat ons in ons lewe het. As dit dan armoede is – loof GOD vir jou grootste geskenk: Jesus wat jou verlos! As jy baie pyn in jou liggaam ervaar – prys Hom dat Hy die bitterste pyn aan die kruis vir jou verduur het sodat jy die ewige lewe kan kry – ewig sonder pyn en altyd vrede en vreugde! Al gaan slaap jy vanaand in ’n eenvoudige bed in die kleinste kamer – weet net dat GOD self tevrede was met ’n strooibedjie in ’n stal in ’n klein dorpie Betlehem – om vir jou te kom wys hoe GOD self kan leef op aarde – nederig en dienend. Tevrede met wat GOD op Sy pad toegelaat het.

Wat wou jy nou weer sê oor GOD se genade aan jou?

Genade op genade!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles