Genade op genade!

Genade op genade!

Gansbaai Courant

“...ek het geleer om vergenoeg (tevrede) te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.....

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:11-13)

Toets gou hierdie vraag in jou lewe: Sê nou net dat die enigste geskenk wat GOD aan jou wou gee, die genade is wat jou red. Sou jy tevrede wees? Jy smeek Hom om jou kind se lewe te red. Jy pleit by GOD dat jou besigheid moet oorleef. Jy bid en vra dat die kanker in jou liggaam moet verdwyn.

Wat daarvan as Hy net antwoord met:  “My genade is vir jou genoeg!”? Sal jy tevrede wees? Wel, Paulus moes maar, want al smeek Hy GOD drie keer dat die doring uit Sy liggaam verwyder moet word, sê GOD net vir hom: “My genade is vir jou genoeg!” (2 Kor. 12:9)

Jy sien, my vriend, vriendin, vanuit ’n hemelse perspektief is genade genoeg. As GOD dan nou niks anders gedoen het as om ons van die helse dood te red nie, wie kan dan kla?.....Kan jy oor enigiets ontevrede wees as jy weet jy het die ewige lewe uit GOD se genade ontvang? Hoe durf ons dan kla oor pyn in ons liggaam? As ons dan die hemelse rykdom het hoekom dan kla oor aardse tekorte en armoede? As ons weet ons het ’n woonplek in die hemel – kan ons dan nie maar afstand doen van die reg om op aarde die mooiste en beste huis te hê nie?

As jy nou die voorreg het om hierdie artikel te lees, hande om die Courant vas te hou, die paar rand om ’n brood te koop...wat meer wil jy van GOD hê? Dit beteken mos dat jy alreeds genade op genade ontvang het!  Kom ons probeer om hierdie Kerstyd tevrede te wees met wat ons in ons lewe het. As dit dan armoede is – loof GOD vir jou grootste geskenk: Jesus wat jou verlos! As jy baie pyn in jou liggaam ervaar – prys Hom dat Hy die bitterste pyn aan die kruis vir jou verduur het sodat jy die ewige lewe kan kry – ewig sonder pyn en altyd vrede en vreugde! Al gaan slaap jy vanaand in ’n eenvoudige bed in die kleinste kamer – weet net dat GOD self tevrede was met ’n strooibedjie in ’n stal in ’n klein dorpie Betlehem – om vir jou te kom wys hoe GOD self kan leef op aarde – nederig en dienend. Tevrede met wat GOD op Sy pad toegelaat het.

Wat wou jy nou weer sê oor GOD se genade aan jou?

Genade op genade!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles