Kersmark amptelik geopen

Kersmark amptelik geopen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is ‘n jaarlikse instelling dat een van die plaaslike NG-leraars op die Maandag voordat die jaarlikse Kersmark in die Pretoriussaal in bedryf gestel word, die amptelike opening waarneem. Dit is wanneer die uitstallers hul stalletjies begin gereed kry vir die Kersmark. Linda Cilliers, organiseerder het al die uitstallers verwelkom en die vloerbestuurders bekendgestel. Sy het ook etlike bedankings gedoen en gemeld dat sonder almal se harde werk en samewerking, asook hulp op die vloer ten tye van die Kersmark, die Kersmark nie die sukses kan wees wat dit jaarliks is nie.

Spesiale dankie ook aan Francia van Dyk en haar span vir die voorbereiding en bedryf van die Kafeteria, asook aan Anita Botha en haar span vir die versierings in die voorportaal en op die verhoog,” het Linda gesê. Sy het ds van Dyk aan die woord gestel, wat in gebed die seën van die Here oor die organiseerders, werkers, uitstallers en die bedryf van die Kersmark uitgespreek het. Vanjaar se Kersmark is vandag (Donderdag, 10 Desember) om 09:00 in die Pretoriussaal in bedryf gestel. Dit sal daagliks, uitgesluit Sondae, vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees. Op die Vrydagaande van 11 en 18 Desember sal dit tot 20:00 oop wees sodat ‘n aandmark geniet kan word.

Vanjaar se tema vir die mark is Gansbaai en omgewing se blomme en fynbos, asook ‘n pragtige kwilt van Olga Swanepoel en haar span as fokuspunt teen die agterkant van die verhoog. “Ons poog jaarliks om enkele nuwe uitstallers die geleentheid te bied en vertrou dat daar iets na elkeen se voorkeure te koop aangebied sal word,” het Linda gesê. Die Kafeteria se winste sal vanjaar aan Gansbaai Maatskaplike Dienste oorbetaal word vir die kostes van hulle Administratiewe Beampte. Naas vele stalletjie-items wat as die ideale Kersgeskenke aangekoop kan word, sal daar ook meer as genoeg lekkernye soos smaaklike etes, nagereg, koek, tert, drinkgoed en veel meer in die Kafeteria aangebied word.

Navrae kan aan die NGK se kantore by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Kersmark amptelik geopen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles