Kersmark amptelik geopen

Kersmark amptelik geopen

Gansbaai Courant

Dit is ‘n jaarlikse instelling dat een van die plaaslike NG-leraars op die Maandag voordat die jaarlikse Kersmark in die Pretoriussaal in bedryf gestel word, die amptelike opening waarneem. Dit is wanneer die uitstallers hul stalletjies begin gereed kry vir die Kersmark. Linda Cilliers, organiseerder het al die uitstallers verwelkom en die vloerbestuurders bekendgestel. Sy het ook etlike bedankings gedoen en gemeld dat sonder almal se harde werk en samewerking, asook hulp op die vloer ten tye van die Kersmark, die Kersmark nie die sukses kan wees wat dit jaarliks is nie.

Spesiale dankie ook aan Francia van Dyk en haar span vir die voorbereiding en bedryf van die Kafeteria, asook aan Anita Botha en haar span vir die versierings in die voorportaal en op die verhoog,” het Linda gesê. Sy het ds van Dyk aan die woord gestel, wat in gebed die seën van die Here oor die organiseerders, werkers, uitstallers en die bedryf van die Kersmark uitgespreek het. Vanjaar se Kersmark is vandag (Donderdag, 10 Desember) om 09:00 in die Pretoriussaal in bedryf gestel. Dit sal daagliks, uitgesluit Sondae, vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees. Op die Vrydagaande van 11 en 18 Desember sal dit tot 20:00 oop wees sodat ‘n aandmark geniet kan word.

Vanjaar se tema vir die mark is Gansbaai en omgewing se blomme en fynbos, asook ‘n pragtige kwilt van Olga Swanepoel en haar span as fokuspunt teen die agterkant van die verhoog. “Ons poog jaarliks om enkele nuwe uitstallers die geleentheid te bied en vertrou dat daar iets na elkeen se voorkeure te koop aangebied sal word,” het Linda gesê. Die Kafeteria se winste sal vanjaar aan Gansbaai Maatskaplike Dienste oorbetaal word vir die kostes van hulle Administratiewe Beampte. Naas vele stalletjie-items wat as die ideale Kersgeskenke aangekoop kan word, sal daar ook meer as genoeg lekkernye soos smaaklike etes, nagereg, koek, tert, drinkgoed en veel meer in die Kafeteria aangebied word.

Navrae kan aan die NGK se kantore by 028-384-0510 gerig word.

Hardus Botha

Kersmark amptelik geopen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles