Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 6 streke van Gansbaai NG-Kerk in en om Gansbaai tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, asook die VGK-gemeente in Blompark, wat as ‘n 7de streek gesien word, alhoewel hulle onafhanklik funksioneer, se jaarlikse gesamentlike Nagmaalsvieringe het onlangs in Gansbaai se kerkgebou plaasgevind. Die verrigtinge het begin met die aansteek van seremoniële kerse deur al 7 streke se verteenwoordigers. “Daar is ‘n spreekwoord wat lui: Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie,” het ds Dirk van Dyk sy boodskap begin. “As dit waar is van ‘n familie, dan is dit nog meer waar van die kerk in die sin dat ons nie kies wie saam met ons aan die kerk  behoort nie, maar dat dit die besluit van die Here is.”

Die tema van ds van Dyk se prediking het op eenheid gefokus. Ef 4:3-5: “Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal….”

Ds van Dyk het ook gesê: “Die Heilige Gees voeg mense saam in die kerk en plaas hulle in ‘n verhouding met mekaar. Ons moet hierdie band wat deur die Gees gesmee is, bewaar en bevorder. Die eenheid tussen gelowiges lê hier in gebed in God se genadige verkiesing buite ons eie besluit.” Ds van Dyk het klem gelê op drie woorde wat hierdie gesindheid van eenheid handhaaf en bevorder: nederigheid, vriendelikheid en geduld, ingesluit die Liefde van 1 Kor 13 wat al drie hierdie woorde duidelik omskrywe.

Hardus Botha

Gesamentlike Nagmaal - 7 Streke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles