Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Academia het die afgelope 6 maande saamgewerk  met die Two Oceans Aquarium om die leerders meer in te lig oor verskillende omgewingstudies en hoe hulle van vroegs af die omgewing kan bewaar en waardeer.

Op 14 November 2015 het Kanadese studente ‘n besoek afgelê by die skool  om die leerders meer  in te lig oor die belangrikheid van navorsing. Die leerders  was  in groepe opgedeel waar hulle later in interaksie getree het met die studente en het kans gekry om vrae te vra en in groepe saam te werk om ‘n hipotese op  te stel. Elke groep leerders het ‘n kans gekry om hulle hipotese voor te lê aan al die leerders.

Op 30 November 2015 het die leerders Kaapstad toe vertrek waar hulle ‘n besoek gaan aflê het aan Kristenbosch Botaniese Tuine en die Two Oceans Aquarium. Die leerders het somer dadelik die roete aangepak in die tuine waar mnr. Fudli, lektor van UWC en me Rolien, een van die direkteure van die Tuine in Kaapstad, saam met die leerders deur die tuin beweeg het en vir hulle meer blootgestel het aan die ryk plantegroei in die Kaap en ook die belangrikheid  van ekosisteme en die groot impak wat mense op die omgewing het.

Die leerders het vanaf Kristenbosh vertrek na die Two Oceans Aquarium. Met aankoms het die leerders eers ‘n les ontvang oor haaie en hulle het ook ‘n geleentheid gekry om aan baba haaie te vat. Die leerders het na die les ‘n kans gekry om deur die Aquarium te loop om na al die diere te kyk en hulself te geniet. Hulle het ‘n heerlike middagete ontvang en was daarna gereed vir die lang pad terug Gansbaai toe. Dit was ‘n lang, warm dag maar die leerders het dit geniet en nie toegelaat dat die hitte hulle enigsins onderkry nie. Namens Gansbaai Academia se Marine Science Club wil ons vir mnr Russell Stevens van die Two Oceans Aquarium asook vir mnr Fudli bedank vir al hulle harde werk en ook die tyd wat hulle opgeoffer het om elke week met die leerders te werk.

Tommy Wilson

Kanadese studente besoek Gansbaai Academia

Tommy Wilson

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles