Gansbaai KK het die afgelope 2 Sondagliga (40 overs) wedstryde tuis en weg teen Napier KK verloor. Napier KK het Gansbaai KK in alle afdelings, naamlik veld-, boul- en kolfwerk ore aangesit.
Die enigste spelers van Gansbaai wat met eer uit die wedstryde kon tree was Jonathan Doyle (7-0-31-3), Gershwin Davids (8-0-31-2) en (8-0-26-4) en Juan Havenga (5.1-0-33-3). Die beste kolwers was Corrie Avenant 56 (5x4)(4x6) en Jonathan Doyle 65 (6x4)(3x6) lopies.
Eerskomende Sondag speel Gansbaai KK tuis teen Stanford KK vir die 3de/4de plek. Ons hoop dat die Gansbaaiers die eerste deel van die seisoen op 'n hoë noot en met 'n oorwinning kan afsluit.
Sportiewe groete
Heinrich Vermeulen