Wat kan ons vang?

Wat kan ons vang?

Gansbaai Courant

Welkom aan al die vakan-siegangers en aangesien baie van hulle hengelaars is wil ek graag die huidige situasie uitlig.

Die manne hier rond sal kan getuig van die volgende:

Dis nou kabeljoutyd en om seker te maak jy vang jou vis is daar die volgende opsies beskikbaar. Die belangrikste sekerlik om seker te maak jy beland op ‘n amperbootjie en dan moet jy genoeg tyd daarop bestee om sukses te verseker. Maar op hierdie manier gáán jy jou vis kry. Onthou egter, soos dit dikwels in advertensies gestel word, bepalings en voorwaardes geld! Hiermee word bedoel dat kundigheid en veiligheid betrokke moet wees. Amperbootjies is darem ook nie die enigste opsie nie. Indien jy op ‘n groter boot beland is dit so dat jy nie op al die vlakker plekke sal kan kom waar die kleiner bootjies wel so suksesvol is nie en dan is daar ander keuses. Tussen die bamboes en riwwe kan hotties gevind word met romanne so bietjie dieper in en indien jy vir silwervis wil probeer heelwat dieper. In dié geval sorg vir langer lyne en groter hoeke. ‘n Goeie keuse vir ase indien jy nie seker is waar jy gaan opeindig nie is sardyn, tjokka, rooiaas en witmossel. Onthou ook dat ‘n bloukoppie goeie aas is. Oppas net as ‘n ordentlike haai jou visaas gryp. Terloops ‘n sport en ontspanningshengelaar is geregtig op een haai en nie alle haaie mag gevang word nie en mag natuurlik ook nie verkoop word nie. Daar is dus nie sin daarin om haaie te teiken nie. Indien die suidwes opsteek is die kans vir geelbek ook daar. En wat van ‘n geelstert so tussen-in?

Vir die manne met die lang stokke. Teiken nommer een, kabeljou! Maar onthou, die rede daarvoor is omdat hulle nou na aan die kant ronddwaal. Daar is ook ander vis wat vir jou lê en wag. Daar is nog goed soos steenbras, mosselkrakers en al die ander spesies. In ons omgewing kan probeer word vanaf die Plaat tot by Die Dam en selfs verder. Wat kanthengel so uiters gewild maak is die feit dat jy in amper alle weersomstandighede jou plekkie langs die see kan beset en indien jy veiligheid in gedagte hou, “nevermaaind” die weer die dag sal geniet. ‘n Ander voordeel is natuurlik dat jou gesin kan meedoen hieraan en dís nie altyd moontlik of prakties met ‘n boot nie. Het jy ‘n keuse is jy een van die gelukkiges en al wat ek wil sê is die see en hengel in al sy verskeidenheid is ‘n groot voordeel en dis waar jou siel vrede vind. (Kry gerus jou vrou en jou kinders hierby betrokke.) Net een laaste vriendelike versoek  --  hou ander hengelaars se omstandighede in gedagte en asb. hou die area skoon.

Groete, Seemeeu

Wat kan ons vang?

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles