Op Saterdag, 5 Desember, het 3 van ons lede aan 'n rondomtalie-toernooi in Bredasdorp gaan deelneem. Dit was 'n heerlike dag van tennis. Daar was 38 spelers vanuit die hele omgewing (selfs sover as Kaapstad, Stellenbosch en Wolceley). Daar was 2 afdelings.
Die 3 Gansbaai-spelers het in die B-afdeling gespeel en al drie het met pryse weggestap. Alta van Niekerk het die eerste plek behaal van die dames. Daniël Geldenhuys was die mans wenner en Liandro Lodewyk het tweede geëindig. Baie geluk aan hierdie spelers.
Eerskomende Saterdag, 12 Desember, word die klub se AJV gehou om 16:00 by die bane. Alle lede word versoek om die vergadering by te woon.
Ons wil ook vir Patricia Ronquest sterkte toewens met die afsterwe van William Low - our prayers are with you. Baie sterkte en beterskap ook aan Gerhard Germishuys met die skouervervanging. Ons kan nie wag vir jou terugkeer na die bane nie. Compliments of the season to all. Tennisgroete.
Danïel Geldenhuys